Wednesday, December 3, 2008

Gemeste kalkoen





Nou uit watter windrigting kom ek nou met 'n agternastorie -- en boonop so lank ná Thanksgiving -- oor kalkoen se kind? Omdat net toe ek die possie wou opsit, toe kry ons ons eerste sneeu en toe kom die wonderlike maan-en-sterre verskynsel en so kom ek nou eers met hierdie gekoeloe-kekkel vorendag. Bêre tot volgende jaar wil ek dit ook nie, want sê nou netmaartjies ek kom iets oor vóór daai tyd? Ek meen te sê, kyk dan net teen watter tempo verdwyn kalkoene van die aardbol af...


Die onskuldige voorouers van die wêreld se arme kalkoenkinders van deesdae, het ook nooit kon weet dat hul goeie dade tot die grootskaalse slagting van hul nageslag sou lei nie.

Daai oorgrootjie-kalkoene se vleis het naamlik die Amerikaanse setlaars gedurende die eerste strawwe winter in hul nuwe vaderland van ‘n gewisse hongerdood gered.

En uit dankbaarheid word daar met groot oorgawe elke Thanksgiving en elke Kersfees kalkoen bedien en dwarsdeur die jaar kalkoentoebroodjies geëet. Praat van stank vir dank...

Maar waarom is die Amerkaanse kalkoengedierte na ‘n land in die Midde-Ooste vernoem?

Die antwoord hierop kry ons by 'n boekgeleerde in Turkse Tale aan die Universiteit van Harvard.Nog voor die ontdekking van Amerika bring Engelse handelaars ‘n smaaklike voël uit Turkye uit na Engeland. Die calluk het nogal baie na ‘n kalkoen gelyk, was net effens kleiner. Gou is hierdie voël se kind ‘n baie gewilde dis, en meeste van die wat dit toe kon bekostig, eet graag “turkey bird.” Toe die Britse setlaars in Amerika die eerste wilde kalkoen teëkom, word hy summier na sy Engelandse neef vernoem: turkey. (Kalkoenkind se tuisland is Noord-Amerika en Mexico).
Hierdie groot voël word boonop nog naamsgewys behandel asof dit altyd van iewers anders afkomstig is: in Portugees heet ‘n kalkoen “peru”; in Arabies, die Ethiopiese voël; in Griekeland “gallapoula” – die “Franse meisie”, maar in Frankryk vertel die naam “dinde” dat jy hom in Indië sal vind. In Turkye self word die kalkoen “hindi” genoem, wat ook beteken vanaf Indië. En in Indië? ‘n Turkey, wat anders?!

9 comments:

Desia said...

Baie interessant oor kalkoene Mariki!
Ek is self nie so mal oor kalkoen nie, hoender is myns insiens baie lekkerder, maar ons het 'n tradisionalis (Noord-Amerikaanse tradisie in elk geval) in die huis wat se dit moet kalkoen wees vir Thanksgiving en Kersfees. Met Thanksgiving het ek 'n klaar gestopte kalkoenbors gekoop en gaar gemaak en dit was glo nie die regte ding nie, dit moet 'n HEEL kalkoen wees...

mariki said...

Desia, een van ons kleinkinders kan altyd sê… "†his is ƒun-ny, Ouma", met die ƒu-ññ-iee wat so skeeflê soos sy hom uitrek.

Nou sê ek ook vir jou…"this is ƒu-ññ-iee!"

Muriel said...

Jou inskrywing is interessant Mariki, dankie. Net soos Desia eet ek ook nie kalkoen nie, hoender yum-yum. Miskien maak ek die kalkoen nie reg gaar nie???

LOL @ Desia!

mariki said...

Jip, miskien moet ek ok maar net 'n kalkoenbak-klas bybring...

Nimsi se Blog said...

Ek skryf sommer nou al in vir daai "kalkoenbak-klas. Wonder wat sal jou kleinkind se as hy my poging van kalkoen moet sien.
Nimsie

mariki said...

Jammer tog ons kan dit nie saam bybring nie, Nimsie!

Sandra said...

Interessant Mariki. Ek eet glad nie kalkoen nie, nie omdat ek nie daarvan hou nie, maar omdat ek dit nog nooit probeer gaar maak het nie.

Jan and Miekie said...

Ek het self al gewonder hoekom heet 'n Turkey nou 'n turkey. Nou weet ek ook. Dankie. Vertel tog asb. hoe om 'n kalkoen gaar te maak. Iemand het 'n kalkoen in my ma se vrieskas gelos, en ek moet dit dringend gaar maak anders moet die hondekos word. En dit sal ook nie deug as hondekos nie, want ons honde is baie vet en eet baie duur "Vet's choice light" (nie dat dit help nie), maar nou mag hulle eintlik niks anders kry nie. 'n Hele kalkoen sal tog baie vleis gee?

mariki said...

Nou hoe het daai honde so vet geword, hmmmm?

Hoop die volgende possie gaan jou help!