Monday, December 1, 2008

Nie soos met die maan gepla, maar darem...

Muriel se maanfoto's het my skoon opgewonde gehad en nou wil ek vir haar wys hoe dit aan hierdie kant van die wêreld gelyk het -- verskoon asseblief die gehalte van my ou klein kameratjie se probeerslae! Met die blote oog was dit baie duideliker as wat julle hier sien, en baie besonders.

Om 5 namiddag:

Om 5.30:




Hieronder het ek sommer met kleur gespeel:

Die volgendes kom van die Net af en wys sterrekykers wat die halfmaan onderkant Jupiter (boonste ster) en Venus, in Kathmandu, Nepal, bekyk. Die onderste foto wys die formasie van naderby.

Is hierdie ene nie kostelik nie! (Ek kan my goed indink dat voordat die sterrekundiges op die toneel was, die gewone ouens hulle boeglam kon skrik vir sulke verskynings!! Die gode loer vir ons...)

Dankie, Wipneus!!

8 comments:

Muriel said...

Pragtig, magical ek dink jou foto's is baie, baie mooi!

Ek hardloop orals op die net rond om te kyk! Ek was so teleurgesteld omdat die wolke nie wou saamspeel nie!

Dankie Mariki! :)

Volgende keer gaan ek jou vra om vir my iets daai kant van die wêreld af te neem! hie hie

mariki said...

Dankie -- waardeer, hoor! Ja, is die tegnologie nie verstommend nie -- die wêreld het gekrimp en kennis het ontplof.

Anonymous said...

Baie mooi foto's Mariki en dankie dat jy dit met ons gedeel het

Jan and Miekie said...

'n Glimlaggende gesig in die hemelruim! Kosbaar

Anonymous said...

Kan ek maar skree? EK KAN MYSELF SKOP DAT EK NIE GEWEET HET IETS SPECTACULAR WAS AAN DIE GEBEUR NIE!!!!

My man het my geroep om te kom kyk, en ons het ge-oe en ge-aa daaroor, maar nie regtig geweet wat om daarvan te maak nie. Gelukkig het Wip toe die liggie vir my aangeskakel!

Jou foto's is stunning!

mariki said...

Ja, kosbaar voorwaar, M'kie.

Ek hoor jou skree, Boendoe!!

Nimsi se Blog said...

Jou foto.s is inderdaad baie mooi.
Kon maar net weer hardop se: WHAT A MIGHTY GOD WE SERVE!
Groetnis
Nimsi

mariki said...

Dankie Nimsie, en ja, ek stem!!