Monday, December 8, 2008

Pampoen kry 'n ereplek

Haai weet jy Boendoes, op my ouderdom (dis nou die ene van vergeet -- met vergaan wat spoedig gaan volg; maar nou het ek mos self in die vorige possie gesê ons mag nie sê “oud” voor op 100 nie). Nou ja, so op die leeftyd van vergeet, verwaai sommige van die dinge wat mens weet soos herfsblare innie wind. So het ek skoon nooit vir tye daaraan gedink om pampoentert te maak nie – dankie vir die herinner; hier is dus die gevraagde reseppie (nuwe ene vir my ook; ek het hom sommer op ‘n baie gewilde resepwerf opgeraap).

Hoewel die resep geblikte pampoen noem (hoe maklik kan dinge word?), kan mens dit met eie gekookte produk ook maak –- moet sag, maar net nie te slap wees nie.

En Grahamcrackers is die Amerikaanse gebruiksartikel in die plek van Tennisbeskuitjies – wat ek nie dink met hierdie resep goed gaan saamspeel nie. Ek hou in elk geval van ‘n gebakte kors vir ppntert.

LOW-FAT PUMPKIN PIE

55 min baking time 15 min prep


Hey, we all love pumpkin pie, right? Why not make it low-fat? What? You didn't think that it could be done? Well feast your eyes (and mouth) on this!

SERVES 8
Ingredients

Group 1:
* 2/3 cup sugar
* 1/2 teaspoon cinnamon
* 1/2 teaspoon ginger, ground
* 1/2 teaspoon nutmeg, ground
* 1 pinch clove, ground
* 1 1/2 cups canned pumpkin
Group 2:
* 1 1/2 cups evaporated skim milk
* 1/2 teaspoon orange rind, grated
* 3 egg whites, slightly beaten
* 1 teaspoon vanilla extract

* 1/2 cup orange juice

* 9 inches low-fat pie shells, unbaked (graham cracker is fine)
Directions
1. Preheat oven to 450F/230C
2. In a large bowl, combine ingredients of Group 1
3. Stir well
4. Add Group 2
5. Beat with an electric mixer until smooth
6. Fold in orange juice
7. Pour into unbaked pie shell
8. Bake for 10 minutes
9. Reduce heat to 325F/170C and bake for 45 minutes or until knife
inserted comes out clean.

***************
Hier is ‘n eenvoudiger resep, maar hoegenaamd nie so “rrykk en lekkrrr” nie:
PAMPOENTERT
Bestanddele
1 koppie suiker
1 eier
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
2 koppies gaar pampoen
1 eetlepel botter
'n knippie sout
Metode
Meng alle bestanddele bymekaar. Gooi mengsel in 'n bak. Strooi kaneel oor. Bak teen 180° C vir 30 tot 45 minute.

Lekker eet!

10 comments:

Jan and Miekie said...

Ek het al van pampoentert vergeet! Dis mos baie lekker. Dankie vir die resepte. Moet dit probeer! (Ek het die kalkoen uitgehaal, maar dadelik weer teruggesit. Ek probeer nog moed bymekaar maak vir die lot werk. Die kleinkinders is intussen my verskoning om te hou by iets eenvoudigs soos vis en pasta!)

mariki said...

Ha -- nou voel ek beter, as ander mense ook vergeet waarvan hulle weet, dankie toggie.

En ek giggel oor jou en die kalkoen -- kom hierso, offenee, woeps terug met jou!

Jy het 'n geldige verskoning -- daaraan twyfel ek vir geen oomblik nie. (Rêrrig!)

Nimsi se Blog said...

More mariki,
Net gou om hello te se en dankie vir die lekker resepte... doet so voort! en as jy so n ou diabeet reseppie kan uitkrap iewers gooi hom ook hier asb.
Nimsi

Moondancer said...

Wow, lekker om so 'n reseppie van die annerkant van die aardbol af, raak te loop. Lyk baie interessant, veral daai eerste een en sal dit so bietjie uitprobeer as die familie kerstyd saamdrom.

Dankie vir jou kontak op my blog. Is lekker om met iemand te praat wat darem binne 'n 100km?? omtrek van my kinnertjie af is.

mariki said...

Nimsie -- ek sal onthou!

En Moondancer, hoop julle geniet die tert.

Jy's reg, ons is so 90 myl van Breckenridge af. Hoelank gaan jou dogter daar wees?

Moondancer said...

Elrieka sal nog tot die einde van Januarie daar wees en dan moet sy terugkom om haar laaste studiejaar te kom klaarmaak. Maar as alles die keer goed gaan glo ek sy sal dalk volgende jaar weer wil gaan maar dan bietjie langer sodat sy by 'n skioord kan werk.

Ellie

Anonymous said...

Dankie, Mariki, dit lyk NJAMMIES! Stupid ou vragie. Die outjie wat my vertel het van die pampientert, se die Yanks eet dit as nagereg? Ek glo nie ek sal dit sommer as 'n poeding eet nie. So lekker soet groentetjie is vir my lekker saam met die ander souterige kossies.:-)

mariki said...

Boendoes, dis presies soos ek dit ook verkies. En ja, hier is dit 'n nagereg -- soms met geklopte room daarby!

Muriel said...

Ek het al skoon vergeet van pampoentert. Ek het altyd baie gemaak en gevries.

Daai eerste een lyk njammies gaan hom probeer! Dankie

mariki said...

Groot plesier.