Friday, December 12, 2008

Kerswense uit die hart

So kom die herdenking van ons Verlosser se geboorte, die einde van die oujaar en die aanbreek van die nuwe ene nou vinnig nader. Net vir geval my blogvriende binnekort vir die vakansiedae vertrek, wil ek ‘n hartwarm dankie laat hoor vir die geselsies en kuiertjies waarmee julle my bestaan verryk het die afgelope paar maande – weet dat dit sooo baie beteken.

Mag die feestyd vir elkeen van julle 'n tyd van nuwe belewenis van die Vader se liefde, in Christus Jesus wees. Mag jul wandel met Hom in die nuwe jaar telkens nuut gemaak word deur die werk van die Heilige Gees.

Vriendskapsgroete
mariki


10 comments:

Nimsi se Blog said...

mariki,
Baie dankie dit is n n baie mooi en treffende boodskap. Ons harte praat dieselfde taal vriendin.
Nimsi
x

Desia said...

Baie dankie Mariki.
Ek kan dit nie self mooier as jy se nie, dus wens ek jou en joune dieselfde toe.

mariki said...

Het al so agtergekom, Nimsie.

mariki said...

Desia -- weereens, so baie dankie!

Muriel said...

Hi Mariki

Ek is sooo bly ek het jou die jaar ontdek!! Ek lees en kuier altyd lekker hier by jou!

Mag jy en jou geliefdes 'n geseënde feesseisoen en baie mooi en gelukkige 2009 beleef!

Lekker rus
x x

mariki said...

Wipneus, jy is 'n skat en ek waardeer jou baie.

Anonymous said...

Geseende Kersfees vir jou en jou gesin, Mariki. Dankie vir die interessante leesstof die afgelope jaar.

mariki said...

Ook jy is 'n gewaardeerde kuiergas. Dankie vir die mooi wense.

Sandra said...

Mariki vir jou en jou gesien ook 'n vreugdevolle Christusfees. Lekker by jou gekuier vanjaar.

mariki said...

Met dankbaarheid dieselfde vir jou, Sandra.