Saturday, December 6, 2008

Oud, ouer, oudste


THE ASSOCIATED PRESS
November 28, 2008



Edna Parker van Indiana is verlede week oorlede. Sy was, op 115 jaar oud, vir meer as ‘n jaar lank die oudste mens in die wêreld.

Edna is op 20 April 1893 gebore. In 1911 verwerf sy haar onderwysdiploma, maar hou net vir 2 jaar lank skool want in 1913 trou sy en word ‘n voorslag van ‘n boervrou. Sy was sedert 1939 ‘n weduwee nadat haar man aan ‘n hartaanval oorlede is.

Vingeralleen bly Edna tot op honderdjarige ouderdom in hul plaashuis. Sy het beide haar twee seuns oorleef.

Maria de Jesus of Portugal, gebore op 10 September 1893, is nou die langslewende persoon ter wêreld.

(Moet nooit weer sê jy is oud nie – nie voordat jy minstens honderd gehaal het nie.)

8 comments:

Moondancer said...

Wil nie graag my kinders oorleef nie. Wonder wat mens se kwaliteit van lewe nog op daai ouderdom is... en of die toenemende gejaagdheis van die lewe wat so met die verloop van dekades toeneem mens nie bietjie verlore sal laat voel nie?

Nimsi se Blog said...

En lyk sy nie pragtig vir so n hoe ouderdom nie! Wonder wat was haar resep of was dit bloot net genade?
Ek geniet regtig al die interesanthede hier op jou blog. Dankie ook vir die kalkoen resep, gaan hom beslis in my resepte boek plak.
Groete
Nimsi

mariki said...

Moondancer, ek dink jy is so reg. Ouderdom is darem nie maklik nie -- weereens een van die handelinge van die Here wat mens nie kan deurgrond nie, en in geloof maar net aanvaar dat Hy altyd die beste weet, so tussen al die pyn en ellende deur.

mariki said...

Ja, Nimsie, die ou mensie tog. Sy het glo gesê sy het geen resep nie; daar is ook nie in die berig melding gemaak daarvan dat sy uit 'n familie kom waar mense besonder oud word nie.

En ek is waarlik so bly dat jy dit hier op my geselswerfie geniet -- dis mos waarom ons saamkuier, né!

Jan and Miekie said...

115 jaar! Sjoe! Met my ma het ek gesien oud word is nie vir sissies nie! Sy het in op 57 nog hokkie gespeel, op 66 jaar die Fauresmith perde 220 km perde-uithourit gewen, op 80 nog oor 'n hek geklouter, op 91 nog aan my arm 'n 8 verdieping hoe koppie uitgeklim. Maar toe kom daar 'n pasaangeeer en verkalkte are en erg verswakte sig en gehoor en daar was ten spyte van ons kinders baie eensaamheid en ten spyte van al die pille baie fisiese pyn. Maar die Here het haar so lank gespaar sodat sy dinge nog in die laaste jaar kon regmaak voordat sy Hom ontmoet het. Genade op genade. Ek wou nou se ek hoop nie ek word so oud nie, maar wie is ek om oor sulke dinge te besluit. Solank ons net weet waarheen ons oppad is! Die laaste hekkie le vir almal voor - vroeer of later!

Anonymous said...

Ek weet nie of ek eendag SO oud wil word nie. Maar ek moet erken, dit voel nie vir my of ek ooit sal/kan doodgaan nie!

Het jy gelees van die skilpad op St Helena wat nou amptelik die oudste lewende dier is? 'n Hele 176 jaar oud. Het saam met die Boere Krysgevangenes rondgeloop.

mariki said...

Miekie -- WAT 'n besondere mammie het jy gehad !! Maar ja dan ook, hoe het Alba Bouwer gesê: die afdraend van die dag is kil...

Dankie, ek het lekker gelees.

mariki said...

Boendoes, nee nie geweet van daardie spesiale skilpad nie. O jinne, sou wat wou gee dat hy kon praat!