Tuesday, December 23, 2008

Kersfees in Kanada


Hoe wonderlik tog vir ‘n kinter om wakker te word en te onthou dis Kersoggend!

Vanjaar is ons so bevoorreg om twee keer Kersfees te mag vier. Die afgelope naweek met amper die helfte van die krose en op Kersdag vlieg ons so die Here wil, Toronto toe vir’n viering saam met die amper ander helfte. Een van die Toronto-kabouters kan glo skaars wag vir “Ouma wat by die bjêrrge bly” om te land.

Ouma is natuurlik net so opgewonde en Oupa skud net sy kop vir die ekstra koffer, dis nou die ene met al die presente. Maar almal weet tog dis waarvoor oumas daar is, vir die lekkerte en die blymaak van kinderhartjies. (Oupas ook, hulle wys dit maar net op ‘n anderster manier).



Ouma vertrou net dat die weer sal saamspeel vir die vlieëry-dinge. Op die oomblik lyk dit nie belowend nie: Kanada kan na verwagting vir die eerste keer in 37 jaar weer ‘n Kerssneeukombers oor die hele land ervaar! Erge storms het pas openbare vervoer op plekke lamgelê, tienduisende van huishoudings sonder elktrisiteit gelaat, en nog slegte weer word voorspel.

In die noordweste het die termometer -45C gemeet! Mense, kan ons ons dit voorstel?! Snaaks genoeg het die ding nie die gees gegaf nie, maar hierdie ouma is nie so seker dat dieselfde van haar gesê sal kan word as sy in daardie koue moet beland nie.

Ek groet julle dus tot solank lewe iewers vroeg in die nuwe jaar – moet hardloop om ‘n ekstra ou truitjie te gaan inpak en daai koffer te probeer toerits!

6 comments:

Sandra said...

Geseende Kersfees vir jou en jou gesin en geniet die bederf ouma!

Muriel said...

Wow hier kom groot bederf!! Geniet dit!

Geseënde Kersfees en voorspoed vir die nuwe jaar!

Desia said...

Ek vertrou julle het dit toe gemaak Toronto toe?
Is dit nie absoluut wonderlik dat die lewe hier in die ysige Noorde meestal normaal voortgaan ten spyte van die weer nie? Ek is steeds verwonderd oor hoe aanpasbaar mense was en is, en hoe die voorgeslagte hier so gedetermineerd en vindingryk was om'n goeie lewe te skep vir hul nageslag.
Mag julle 'n geseende, voorspoedige 2009 he!

mariki said...

Ja dankie almal, ek sal later bietjie meer laat weet oor Toronto. Jy kan dit weer sê Desia, al daardie byvoeglike naamwoorde is so toepaslik -- dapper was daardie geslagte beslis!

Anonymous said...

Al die geskenke maak my sommer jaloers.....ekt so hoop gehad op manlief see pakkie, .... en toe niks gekry nie! Dis minder lekker!

mariki said...

Ag, Tersia, wens ek kon vir jou 'n pakkietjie stuur -- maar hier is 'n VET drukie met liefde, net vir jou!