Tuesday, November 24, 2009

And? He IS useful -- to love!

Is hy nie dierbaar nie?! Om van mooi nie eens te praat nie! (Uhm...ek is seker hy lyk na my....)
~~~~~~~

Baie verlig, verheug en dankbaar is Vennoot en ek vandag met die geboorte van ‘n gesonde klein seuntjiekind in ‘n ver land.

Mamma en babetjie het bietjie probleme gehad, maar die Here is so wonderbaarlik goed dat terwyl ons nog probeer het om hulle op die kalender in te haal, is die mannetjie reeds die volgende dag (nou wel drie weke vroeg, maar veilig en gesond) met ‘n keisersnit die wêreld ingebring.

(Nou wonder ek – word ‘n keisersnitbabetjie ok “gebore"?!)

Oorloop-van-opwinding-ouma-groete aan julle almal,
mariki

12 comments:

Dané said...

O Mariki, wat 'n fraaie ou seuntjie! Baie geluk en mag julle net vreugde van hom hê. Jammer dat julle so ver is van mekaar.

En ja, hy IS ok gebore~!!

mariki said...

Baaaie dankie vir die goeie wense, Dané. En ja, ek sou WAT wou gee om daar te gewees het, maar dalkies bring die nuwe jaar 'n geleentheid saam met hom....

En hy IS pragtig -- nes jy sê!

Anonymous said...

My friend, he is sooo sweet! One wouldn't say he is 3 weeks early.

God's best for him, and congrats vir jou en Vennoot.

Love
C

mariki said...

Baie dankie, C'tjie!

Ek stem saam. Mens staan verstom dat 'n vroeggebore mensie so pragtig kan lyk. En GEEN probleme nie -- was nie eens broeikas toe nie!

Ons is die Here so dankbaar.

Love u 2.

Thea said...

Dis regtig 'n pragtige ou seuntjie! Baie geluk Mariki!

Sonja said...

Baie geluk met die pragtige nuwe kleinding! Hy is so pragtig!
Wat ek uit my ondervinding en baie lees van keisersnee babas geleer het is dat dit n baie belangrik is om van geboorte vir ten minste 3 mde lank vir baba probiotics te gee- n goeie soort(daar is baie soorte wat niks beteken nie). Wanneer baba deur die geboorte kanaal gaan kry hy natuurlike probiotics vanaf die ma se liggaam, wat keisersnee babas nie kry nie-dit word dan as die oorsaak beskou hoeko baie keisersnee babas probleme het. Al is hy gesond, sal dit nog steeds n goeie voorkomende idee wees.

Sonja said...

Hallo Maatjie, die laaste paar weke in ongelooflik deurmekaar vir my, ek wil darem net hier verklaar dat dit wel goed gaan! Ek hoop dit gaan sommer baie goed met jou ook!xx

diekas.wordpresss.com said...

Baie geluk Mariki!
Ja! Hulle word ook gebore...en hulle word gou groot ook! My seun het altyd gepraat van 'n baba wat uitgebroei word....

mariki said...

O julle, hierdie ouma loop konstant met 'n bewoënheid van hart en oë!! BAIE DANKIE vir almal se wense!

Sonjatjie! So bly om te hoor jy is nog aan die gang, my matertjie. Ek gaan beslis vir die kinders van probiotics laat weet, maar weet jy, nou is hulle dokters.....Seun kyk hoeka skeel as ek my homeopatiese middels gebruik...

Kassie -- dis kostelik: "uitgebroei"!

Thea -- jy SÊ dit!!

Nimsi se Blog said...

Baie baie geluk mariki, venoot en die ouers van die pragtige baba. Ons bid hom liefde en seen toe heel sy lewe. Hy is pragtig en daardie bos hare!

SA Expats said...

Baie geluk!

mariki said...

Expats -- BAIE dankie!