Monday, November 2, 2009

Net betyds!

Mensig – was ek net betyds met my mosaïek-prentjies. Want oor die naweek beleef ons toe ons eerste winterstorm. SO mooi!

Dog, ons hier in Colorado is meestal gelukkig -- twee, drie dae se sneeuval, en dan skyn die son weer vol en helder (soos vandag), en die paaie en sypaadjies is oop en bruikbaar. Bederf, is die woord.


Om te dink ons kuier somerdae so lekker op die agterstoep


Kom sit, dan drink ons gou 'n koppie warm sjokolade....

Stoepprieël, bo uit die studeerkamer uit gesien

Sommer so deur die muskietgaas geneem -- wie gaan nou buitentoe in hierdie koue? (Dis nou as jy nie in die sneeu wil gaan speel nie.)

As 'n denneboom se takke nie so sag en buigsaam was nie, was almal van hulle kerplaks! afgebreek onder die sneeuvrag.

Verseker kan ek maar die Hummingbird-voerder gaan afhaal ná dese!

7 comments:

Anonymous said...

Hi Mariki, sjoe vrou, dis mos ysig!! Hier by ons weer 44 grade en die sweet tap ons af - het darem 3 aircons wat volstoom werk (as daar elektr is) - die reenseisoen is op ons dan sous dit soos in 20x pdag... mr ons kla nie - dis baie droog op die stadium hr waar ons woon in Zambia... mooi bly en tks vir jou antw by sarie... jy is spesiaal!! Groete

Dané said...

Joeg, Mariki, dis mooi!

mariki said...

Hallo, nuwe vriendin -- laat weer van jou hoor!

Nog nooit met iemand in Zambië gepraat nie! Het die plek darem baie jare gelede daar by die Victoriavalle se kant, so vanaf die brug gesien.

En is 'n mens -- met warm, reën of koue -- nie wonderlik aanpasbaar nie.

mariki said...

Ja, Dané, ons verkyk ons elke jaar opnuut.

Sonja said...

Dit is pragtig! My kinders wens so hulle kan sneeu sien.Ons dink ons sal maar oorkom vir daardie koffie wat jy wil drink...met baie dik jasse aan en die koffie beter baie warm wees!

Thea said...

Ai dis darem maai mooi hoor! Hier by ons het so pas 'n bui reën begin uitsak en ek het vir my 'n cappucinno gemaak om hier by die rekenaar te kom sit en drink terwyl ek blogs lees.

mariki said...

Reën + cappuccino + bloglees = lekkrrr, né, Thea.

Sonja, net vanmiddag....Afgespreek?!