Trek vanoggend die slaapkamergordyne oop en sien hierdie meneertjie:
Is al vertel dat voordat die woonbuurt ontwikkel is, hier sommer ‘n groot jakkalsclan gewoon het en sien af-en-toe die paar van hulle wat oorleef het met hul kleintjies, so teen skemeraand oor die gholfbaan draf.
Merk ook met gereelde tussenposes die volgende soort kennisgewings hier in die woonbuurt opgeplak. (Ek glo ook nie dat "Mog" meer op haar naam gaan reageer nie....)
Ná ‘n rukkie hoor jakkalskind duidelik iets, en bespied met gespitste ore die omgewing.
Kyk van verlange....
6 comments:
Haai Mariki, dis nou vir jou te sê.
So anders as die jakkalse op die boereplase!
Hmmm, sal liewer nie met hierdie storie by 'n boer aankom nie....
Oh my, my maaikie kan ek daai pelsie kry asseblief??
C
Nee C'tjie, néé. Kan jy dink hoe word ons uit die buurt uitgeskop as ons die "wild life" skade aandoen??
Jammer, my mater.
So n ou jakkals ne...
Ha-ha, Nims!
Post a Comment