Sunday, November 15, 2009

Steel asseblieftog my wederhelfte!

Is ‘n vrou deesdae nog ‘n man se eiendom, of andersom??


Versluk myself amper vanoggend aan my koffie toe ek in die koerant lees dat sewe state hier in Amerika -– sowaar ja, SEWE -- steeds ordonansies op hul wetboeke het aangaande “eggenootlike besit”, afkomstig uit dié derdae toe ‘n vrou/man nog as hul eggenoot se eiendom gereken was.


Dit sluit in Mississippi, Hawaii, Illinois, New Mexico, North Carolina, South Dakota en Utah wat mens toelaat om iemand hof toe te sleep indien jy kan aantoon dat dáárdie einste ene jou huweliksmaat “gesteel” het. En dit het die wetlike implikasie dat wat gesteel kan word, het behoort aan jou en was jou "eiendom"!! Né!


So word daar berig van ‘n miljoenêr en ‘n loodgieter wat ‘n hofgeding gehad het oor die diefstal van die loodgieter se vrou deur die miljoenêr. Die loodgieter het nou wel sy vrou verloor, maar is $750 000 (ja, ‘n hele driekwart miljoen doller) ryker.


Heeeee-haaaaahhhh! Is dit nou nie vir jou so tipies net in Amerika moontlik nie? Tussen afgeleefde wette en gierige prokureurs heen deur, kan ‘n doodgewone man mos ryk word.


(Dink nie ek gaan die berig vir Vennoot wys nie, want netnoumaartjies reël die man dalk dat ek gesteel word….)

7 comments:

Anonymous said...

No never sal hy dit doen!! Te erg oor jou, en jy weet dit, vriendin.

C

Dané said...

Gelukkig bly jy nie in 'n gevaargebied nie....!

mariki said...

Jaaaa, C'tjie!

mariki said...

Dané, dan sou ek moes getrek het!

Sonja said...

Dit is nou vir jou n grap! Dan moet die wat hulle trou of so mos eiendomsagente genoem word!!!

mariki said...

Maar kyk net hoe skerp is Sonnetjie vandag!!!

Nimsi se Blog said...

Inderdaad Sonja!