Wednesday, November 4, 2009

Briefie aan my kind


Seun-nommer-hoeveelste deel gisteraand ‘n knop-op-die-maag-bekommernis oor die telefoon. Wil so graag my arm om sy skouer sit -- al moet ek r-ê-ê-ê-k om by te kom, want ai, die op-die-skoot-tel-dae is lankal iets van die verre verlede. Bowendien, dese dae is die myle tussen ons hopeloos te veel dáárvoor.


‘n Briefie moet maar die plek inneem van naby-my-kind-wil-wees-om-te-troos:


Worrying doesn’t change the outcome of tomorrow, it only robs today of it’s strength.


Seun, wanneer laas het jy ‘n bekommerde voëltjie sy vlerke sien wring? !!


Nee, jy sien dit eenvoudig nie. Omdat, hoe “bird brained” hulle ook al is, dit amper wil voorkom asof hulle meer sou weet as ons. Dat God sorg. Dat God in hul behoeftes gaan voorsien. Nee, nie dat Hy al ons wense gaan vervul nie, maar gaan sorg vir dit wat ons nodig het.


En jy het nodig om in Sy vredesvoorsiening te leef. Dié soort wat Hy gee, wat alle verstand te bowe gaan.

Jesus sê, kyk na die voëls, na die blomme in die veld: God sorg vir hulle.


Is jy dan nie belangriker as ‘n voëltjie nie?!


My kind, leer ken die verskil tussen "wring" en "sing"!


God kán en sál voorsien en jou groot bekommernis wegneem (ook dit wat jy onbewustelik saamdra en wat soos ‘n wolk oor jou kom lê) AS, AS, AS, jy DIT ALLES AAN HOM GEE.


Boeta, elke keer wanneer jy agterkom die knop kom sit op jou maag, begin die Here prys, sommer so in jou kop, as jy dan nie hardop kan nie, of dalk wil nie. (Ek weet mos, jy glo vas jy sing vals!)


'n Ou-ou kinderliedjie werk goed vir my:


Ek wil die Here loof,

loof met my hele hart.

Hy gee hom (my) wat roep,

weer nuwe krag.


BVJ (Bid vir jou)!

mm


(En raai, nou is ek ook sommer getroos. Hoor jy my sing? “Ek wil die Here loof”…..)




6 comments:

Dané said...

Mariki, dankie tog hy het 'n mamma wat omgee en die regte pad wil wys. Sterkte met die baie myle se afstand tussen julle.

Thea said...

Ai Mariki, dankie vir die deel van dié. Ek loop al van Sondag af met 'n baie groot hartseer maar hierdie skrywe het regtig vir my ook vertroosting gebring.

Sonja said...

Ai Maatjie,ek vat dit sommer vir my ook!

mariki said...

Daai sterkte het ek nodig, dankie Dané.

Theatjie, 'n mamma is darem maar "weerloos" (gekwalifiseerd) so met die kinders se dinge saam. Groot sterkte toegebid.

Reg so, Sonnietjie!

Anonymous said...

Mater, alles is waar en regtig precious. But still, I luv that birdie!

C

mariki said...

She (for it HAS to be a she) IS just great, C'tjie!