Tuesday, November 10, 2009

Ek kom, Ouma

Voorverlede week vertel Kanadese seun vir dogtertjiekind (5), dat hulle Kersfees na ons toe kom en sy is hoog in haar skik met die idee.


So twee-drie middae later, kom skoondogter agter dat dit darem verdag stil is daar in meisiekindjie se kamer.


Sy gaan loer om die deur en sien dat al meisietjie se klere rondom haar versprei lê, terwyl sy plat op die vloer sit en besig is om haar rokkies in haar skoolrugsak te pak.


Toe die mamma verbaas wil weet wat dan nou aan die gang is, kom die antwoord ewe opreg:


“Ek pak solank in om na Ouma toe te gaan Mamma, dan sal ek nie laat wees vir die vliegtuig nie.”


Ag jinne tog Ouma se kind, en dis dan nog só baie slapies voor Kersfees….

6 comments:

Anonymous said...

PRECIOUS, maaikie!!
C

mariki said...

C'tjie, hierdie ouma kry lus vlieg sommer vandag, en gaan haal die kind....

Groete.

Thea said...

Ag siestog Ouma! En ek glo Ouma kan self seker ook nie meer wag nie! :-)

mariki said...

Nou hoe sou jy DIT nou kon raai, Thea?!

Charmaine said...

is dit nou nie lekker as oume se dogter so baie uitsien om te gaan kuier nie. Dis kosbaar Mariki :-)

mariki said...

BAIE kosbaar, Charmaine, baie.