Sunday, November 8, 2009

Tiek-tok

Verlede naweek het Vennoot hier deur die huis gewandel en wekkers, radio-horlosies, die oondhorlosie, mikrogolfhorlosie, armshorlosies en die Oupa-staanhorlosie loop en verstel.


Gelukkig nie ‘n afwyking, of iets wat hy elke naweek probeer doen nie! Wel twee maal per jaar (November en Maart) met die verandering van die Dagligbesparingstyd-program.


Dagligbesparingtyd = meer bruikbare aandligure.


Die hele palawe dat Amerika (Arizona en Hawai nie) hul horlosies se wysers verstel, is om die aandligure beter te kan benut, omdat dit die tyd is wanneer meeste mense wakker en aan die gang is.


Navorsing het glo bewys dat dié stelsel ‘n beduidende afname in verkeersongelukke, padsterftes en kriminaliteit teweegbring. Ook word parke en speelareas só beter benut.


Mens is net jammer vir die arme boere en ander vroegoggend-aan die gangkommers wat dus heelwat langer in die donker moet voortsukkel.


Sterkte aan hulle. En ons groot waardering.


4 comments:

Dané said...

'n Baie praktiese reëling. Maar dit sal beslis nie in alle lande werk nie.

Sonja said...

Dit is nou die snaakste ding wat ek nog van gehoor het!Is jy seker ons bly op dieselfde planeet?? Die lewe daar klink soooo anders as hier!

mariki said...

BESLIS nie, D!

Ja Sonja, van laasnaweek af begin ons dag op 'n ander tyd -- dit IS snaaks. Twaalfuur in die middag is dus eintlik (wag, nou moet ek mooooi dink!), nog elfuur. Maar moenie glo dat ek dit regig verstaan nie, hoor! Kyk maar net gedienstig na wat die horlosie sê.

Anonymous said...

Ek is dit na so lank jare ook nog nie heeltemal gewoond, maar ek sien dit werk.


C