Saturday, November 29, 2008

Sneeuspookgedagtes

Van ons agterstoep af -- gelukkig tog hoef Vennoot nie al die gras te sny nie, dis die gholfbaan-ouens se probleem.

Gistermiddag nog:


Vanoggend toe ons opstaan:


Weet julle, partykeer wanneer dit sterk sneeu, dan staan ek voor die venster en net soms, dan stoot daar so 'n benoudigheidtjie in my keel op, soos kleintyd wanneer mens jouself wou oortuig daar is 'n spook onder in die donker gang. En dan onthou ek die voorgeskrewe boek in st. 3, "Die Wit Geweld", en die ellende van die kinders in 'n Alpe-dorpie wat deur 'n sneeustorting begrawe is. En ek dink: sĂȘ nou net die Here laat dit nooit weer ophou sneeu nie en ek en alles word begrawe onder hierdie sagte wit dood? Brrr....Pure sneeuspookgedagtes.

Wat wel waar is, is die rekord sneeuval vir een seisoen in 1998-1999 toe 1,140 duim sneeu op Mt. Baker, in die Washingtonstaat aan die Weskus geval het. Dit is 'n verstommende (keeltoetrek-bangmaak) 95 voet sneeu!

Probeer dit bietjie uit jou motorpad uit wegskoffel!

9 comments:

Jan and Miekie said...

Dis vir jou 'n bangmaakgedagte! Maar ai die sneeu is darem pragtig! Ek weet dit veroorsaak baie werk en dis nie so prettig om op 'n ysgladde sneeuvasgetrapte paadjie ts stap nie, maar dit bly darem baie mooi. In Montana het ons BAIE sneeu te siene gekry, maar dit het nie op Kersdag gesneeu nie, so ek het nog nooit 'n wit Kersfees gehad nie!

Muriel said...

Oe dit lyk vir my soos sprokiesland!! Nie sneeuspook- maar sneeumangedagtes! he he Pragtige uitsig!

mariki said...

Jy is reg, dit bly oorstelpend mooi, selfs al sien mens dit jaar na jaar.

Hie-hie -- sneeuman is waarlik verkieslik bo sneeuspook -- sal daarop konsentreer!

mariki said...

Miekie, IS dit nie pragtig nie!

Montana is nog een van die plekke waar ek moet uitkom -- jy was gelukkig om daar te kon gebly het. En 'n wit Kersfees is soooo romanties...

Nimsi se Blog said...

Oe ek stem saam met Muriel, dit is sprokie mooi!
Ek self het in 46jaar een keer sneeu gesien so 16jaar gelede gesneeu in Secunda, dit was vir my as mens n grootse belewenis. Pak daai kaggelvuur, smelt n marshmellow en geniet die sneeu!
Groete
Nimsie

mariki said...

Sal so maak, Nimsie!

Anonymous said...

Sjoe, 'n handomkeer-verandering! Die rankmalvas het jy seker ingebring? Kan nie glo hulle groei daar nie!

Dis sprokiesmooi. 'n Wit Kersfees...sal dit graag eendag wil beleef.

Anonymous said...

O ja. Ek wou nog vra. Ken jy ons ander Boere-Yank, Eilandkind?
http://mysemusings.blogspot.com

mariki said...

Ja, my malvakind is binne! Sal later nog bietjie meer oor planterye en weerbelewinge hier in Colorado skryf.

Het net 'n paar dae gelede vir Eilandkind ontmoet,ja dankie.