Friday, October 30, 2009

Ek verpes my (wyfie)neukenaar, en ander verhewe gedagtes

Grrr…..


En ja, ek weet “verpes” is ‘n sterk woord, en normaalweg probeer ek daardie soort aksie vermy, maar “normaalweg” is nie altyd van toepassing op die verhouding wat daar tussen my en hierdie masjien bestaan nie.


Inderwaarheid is dit hy wat my dryf tot REaksie = abnormaliteit = verpes (in hierdie geval).



Nou dat ek daaraan dink…. Ek kry mos nou al ‘n vermoede, gesien al die streke en geite van ou glasgesig, dat ek hier met ‘n wyfie-neukenaar te doene het (maar DIT, sal Vennoot oor MY lippe nooit hoor nie.)



Maar die ding wil hom….haar, net nie laat beheer nie. Nog altyd netjies saamgespeel, en toe, van so twee-drie possies gelede af, sukkel ek myself simpel met prentjies oplaai, en ook gooi sy ewe omgeêllie my paragrawe rond of sluk spasies in soos dit haar hoogheid behaag.



(Verskoon dus groot asseblief die nuwe, swak blogversorging wat ek -- magteloos -- in my skryfsels openbaar.)



Soms verpes ek my neukenaar….of verpes sy my dalk?


12 comments:

Nimsi se Blog said...

Aanhouer wen vriendin!
Ek voel die afgelope tyd soos jou neukenaar...

mariki said...

Aggenee, jong! Sal kom inloer.

Anonymous said...

Don't I know that feeling.

C

Dané said...

Ja-nee Mariki, ons beter nie ons mans laat hoor waarom rekenaars sulke nukke het nie!

mariki said...

Maar nog nooit!!

Sonja said...

Ek is bly ek is nie jou neukenaar nie,ek dink ek is eerder aan die veilige kant om jou maatjie te wees!! Ek sukkel met hierdie stuk blik van my ook...miskien moet ek hom ook so herangskik soos joue...hahahah!!

Charmaine said...

Ek kan ook nogal daarmee identifiseer maar by my is dit weer netwerke en VISTA... koop \n nuwe een Mariki...is my raad

mariki said...

Ai, ou Sonjatjie, maar ná die herrangskik gaan ons NIKS hê nie, en hoe gesels ons DAN met mekaar?!

Dan maar liewer sukkel.

mariki said...

Sou graag wou, Charmaine, maar nou moet ek die tering na die nering sit, vriendin!

Ek wag egter vir Kersfeestyd wanneer daai Selfoonseunskind kom kuier, hy kan toor met hierdie neukmasjiene. Genadiglik.

Thea said...

As mens net altyd weet wat om te doen as die goed begin lol. Hoop jou neukenaar en jy kan uithou tot Kersfees.

Sonja said...

Dit sal baie baie erg wees as ons nie kan gesels nie!! My selfoon is Vrydag uit my handsak gesteel en ek is juis nou vreeslik afgesny van my onmiddelike buitewereld...

mariki said...

Jip, die uithou is maar altyd die ding, Thea. Dankie.

Sonja -- aggenee tog!!! Dis waarlik so sleg, Ek is jammer, vriendin.

Sterkte.