Wednesday, March 17, 2010

AsseBLIEF!! Lees hier (vir in Suid-Afrika)

As jy in Suid-Afrika woon, MOET jy hierdie brief ernstig opneem. Asseblief!

Dit is nie 'n grap of oëverblindery nie!

As jy vir jou kinders in Suid-Afrika omgee, moet jy anders begin dink en hulle help om reg op te tree.


Vrydagaand 29 Januarie 2010 het my dogter saam met die gemeente se jeuggroep na die Waterfall Mall in Rustenburg gegaan. Hulle het net gaan uitreik. Sy was deel van ‘n groepie van drie.

Terwyl hulle geloop het, was sy op 'n stadium 'n paar tree agter haar maats toe 'n swartman haar aan die arm gryp. Hy het hom voorgestel as Ben van Zimbabwe en haar eenkant toe probeer trek. Sy het gevries en besef sy is in 'n yslike gevaar. Daar was 'n tweede man wat 'n entjie verder vir hulle staan en kyk het.

Sy het die jeugpredikant sien aankom en sy aandag getrek. Die Zimbabwiese man het weggeloop, terwyl sy vir die jeugprediker vertel wat gebeur het.

Hy het die man agterna gesit en wou weet wat hy wou hê. Die man was arrogant genoeg om te sê " I like that girl, I want that girl". Toe vra die predikant wie hy is en het hy geantwoord: "I am a crook and a dealer".

Ek wil nie dink wat kon gebeur het nie. Ek eer die Here vir Sy beskerming.

Die realiteit is dat hierdie mense hul teiken gryp, inspuit en ontvoer. Hierdie goed is bevestig en moet nie ligtelik opgeneem word nie! In Rustenburg is dwelmhandel 'n groot probleem.

Ek het ook soos wat jy nou dalk doen, na e-posse gekyk en gedink dit is oordrewe -- totdat dit met ons gebeur het. Ek pleit by jou dat jy jou kinders moet inlig en dat hulle nie sommer alleen mall toe, of elders heen moet gaan nie. (Hierdie dinge gebeur selfs terwyl hulle in ‘n groep is!) Leer hulle om oplettend te wees en alarm te maak.

Skole moet ook met die kinders hieroor praat en hulle asseblief inlig.

Dankie dat jy die e-pos gelees het. Ek voel dit my plig om mense in te lig en hulle voorkomend te laat optree. Kom ons beskerm dit wat God aan ons toevertrou het.



STUUR hierdie e-pos, met my toestemming, aan al jou kontakte. Mense moet weet wat aangaan, en optree om hul kinders te beveilig.

Ds. Manie Delport

Tel: 014 592 4508 (Kantoor)

~~~~~~
(Ek het hierdie omsendskrywe ontvang van 'n vriendin wat die mense ken met wie dit gebeur het -- mariki.)

8 comments:

Anonymous said...

Dis shocking, maaikie! Ek sal ook hierdie forward na my friende in SA.

C

mariki said...

Absoluut, C'tjie.

Dit is skokkend.

Dané said...

Mariki -- ons leef darem in aaklige tye. Ek sal ook die inligting aanstuur, dankie.

mariki said...

Jy sê dit, Dané.

Desia said...

Dankie Mariki, ek het dit ook aangestuur na my sus in Rustenburg en boet in JHB.

mariki said...

Ek wens ek hoef dit nie te geplaas het nie, Desia. Maar dis die werklikheid van die tyd waarin ons leef.

Ek het nogal aan jou sus gedink toe ek dit ontvang het.

Huisvrou said...

Wee' jy Mariki, ek is selfs in Naboom se strate maar versigtig!
Naboom het nooit Indiërs binne die dorpsgrense gehad nie (weens stadsraad-wetgewing destyds), met die verdwyning van wette en instroming van vreemdes het ons dorp se aansig verander. Oral loop lang, donker Afrikane (duidelik nie van Suidelike Afrika nie) met drapeerde gewade en sluiers in die straat. Sommiges het selfs winkels, maar immer bly die vrees.... My dogter is 15...

mariki said...

Ja Marlize, ons is so verweefd met die wel en wee van ons pragtige kinders. Mag die Here jou mooie meisiekind altyd bewaar.