Monday, March 8, 2010

Ekskuus Teekoppie, ek bedoel, Teepoppie

Laaskeer geskyf oor die tee-liefhebbende Ouma en haar nuwe kleinkindpoppie met die naam van Teagan.

Nou wil ek die dame (wat ek nog nooit ontmoet het nie, wie se naam ek waarskynlik nooit sal ken nie en wat nie eens kan droom dat ek oor haar danighede berig het nie), en vir klein Teepoppietjie soort van om verskoning vra. Nou nie dat ek dink dat ek té lelik met hulle was nie, maar darem.

Lees toe mooitjies dat Teagan ‘n ou Ierse naam is wat “digter” beteken. In Gallies was dit tadhg. Kom waarskynlik van die Ierse van Ó Tadhgáin.

Soortgelyke name:

* Keagan (Iers)

* Meagan (Wallies)

* Reagan (Kelties)

En die volgende slaapliedjie dra ek graag formeel en sommer oor die vreugde van kleine babetjies, aan klein Teagan op:

5 comments:

Anonymous said...

Beautiful. Beautiful. Beautiful.

Thanks, maater

C

mariki said...

Plesier, C'tjie.

Desia said...

Oulik! Ek is nou ook al gewoond aan die vreemde benamings hier rond, maar sukkel nog steeds om "Kennedy/MacKenzie/Jordyn/Madison/ens." as dogtertjie-name te hoor.

Dané said...

Interessante en mooi name; maar Teagan is vir my ook bietjie vreemd.

Dis so 'n pragtige wiegeliedjie!

mariki said...

Jaaa Desia, waar is tog die dae van die bekende -- en daarom pragtige -- Afrikaanse name....

Dané -- is dit nie mooi nie! Ek luister dit oor en oor.