Thursday, March 11, 2010

Het jy "familie" in Indonesië?

‘n Bybelvertaler uit Indonesië skryf:

“’n Kort rukkie voor die bekendstelling van die Nuwe Testament in die Bauzi-taal, het ‘n jong man van dié stam na ons huis toe gekom. Ek het een Nuwe Testament by my gehad, en ek probeer toe my bes om dit weg te steek sodat dit saam met die ander Nuwe Testamente uitgedeel kon word.


Maar hierdie broeder het dit uitgevind en daarop aangedring om die Boek te sien.


Hy het die Nuwe Testament in sy hand gevat, God hardop daarvoor gedank, en toe net daar gestaan en soos ‘n kind gehuil.”


Bauzi is een van die meer as 700 tale wat in Indonesië gepraat word, en hierdie stam woon op die eiland Papua.


Oorspronklik was hulle ‘n agressiewe groep afgodsdienaars, maar omtrent 65% van die stam (ongeveer 1 500 sterk), is nou Christene.


En hulle is oorstelp van vreugde om uiteindelik die Nuwe Testament in hul eie taal te kan lees!


Só sorg God vir die uitbreiding van Sy Koninkryk -- en word die Christen-familie elke dag meer talryk!

3 comments:

Dané said...

'n Mens vergeet van al jou ver "familie"!

En hoe gewoond is ons aan ons Bybels en lees dit nie eens soos ons moet nie!

Dankie vir die bewusmaking, Mariki.

mariki said...

Wonderlik hoe God Sy kinders inbring, né Dané.

Anonymous said...

Heart warming.

C