Sunday, March 21, 2010

Dankie tog die dokters is slim

Laat ek nou maar eerlik wees:


Ek is nie in alle sake onbevooroordeeld nie; ek is amper nooit in ‘n goeie bui oor politici nie, en soms kritiseer ek selfs die mediese geleerdes.


Soos met my laaste possie.


En moet tog nie dink ek trap gevoelloos op tone van iemand wat dalk medici in die familie het nie. Ek moet bieg en erken, dat een van ons eie kinders mense met naalde steek en oopsny.


En ja, ek dryf maar so bietjie die spot ook. Eintlik is ek baie dankbaar dat ons van hul dienste gebruik kan maak. Dis mos genade!


So, gee eer aan wie eer toekom.


Want as hulle die dag goed en slim is, nou ja, dan is hulle verstommend goed en slim.


Soos die spannetjie Franse slimjannies wat verlede jaar in Desember aangekondig het dat hulle ontdek het hoe om baie vinnig menslike vel te kweek van stamselle (wil op ‘n latere stadium hieroor gesels).


Tot nog toe, moes ‘n brandpasiënt tot 3 weke wag vir die kweek van selle van sy eie liggaam, en in sommige gevalle was dit dan te laat om sy/haar lewe te red.


Nou kan die hospitaal onmiddelik wanneer ‘n brandpasiënt opgeneem word, nuwe epidermis vanaf die laboratorium bestel, dit as tydelike dekmiddel vir die wonde gebruik, en só die liggaam help om die brandplek te heel.


Dit bied ‘n fenominale oplossing vir brandwonde!


En as dit nie slim is nie, vertel my wat is….


Dankie, Dokter.


6 comments:

Dané said...

Slim, voorwaar Mariki. En WAT 'n deurbraak!

mariki said...

Stem, Dané.

Anonymous said...

Nou is dit nie 'n fabulous ding nie.

C

mariki said...

Absoluut, C'tjie.

Sonja said...

Dit is verseker slim! Ek het gehoor hulle kan autisme ook nou genees met stamsel terapie - baie duur!

mariki said...

Wil jy nou meer, Sonnie!! So stort God Sy genade ook deur die mediese wetenskap, op ons uit.