Sunday, November 23, 2008

Dagga se dinge

As jy nie die opskrif gelees het nie, sou jy waarrempel verkeerd geantwoord het op die volgende vraag:

Wat is Amerika se belangrikste kontantgewas?

Nou weet jy dis marijuana; maar sou jy kon raai dat daggaproduksie $35.8 BILJOEN beloop, meer as die gesamentlike opbrengs uit mielies ($23.3 biljoen) en koring ($7.5 biljoen).

Dis die belangrikste gewas in 12 state, tel onder die top drie gewasse in 30, en onder die top 5 in 39 state (alles natuurlik...uhmm...onwettig...).

Iemand se plantasietjie

Van naderby

Gedroog


Kentucky verdien jaarliks $4 ½ miljoen doller uit hierdie plantjie -- bietjie ver agter Kalifornië se $14 miljoen en… waar jy by twee universiteite kan klasloop in die kweek van, en kook met marijuana, en terselfdertyd ook onderrig word oor hoe om die gereg wettiglik te systap.

Dis meer as wat Matt Donahue kon doen.

Net ná middernag op 20 November 1986 in Kansas City, Missouri, het die polisie gereageer op ‘n geheimsinnige 911-oproep. ‘n Adres (rekenaar-opspoorbaar) is deur ‘n noodoperateur aan hulle deurgegee nadat die inbeller die telefoon neergesit het sonder om te praat.

Was ‘n gyselaardrama aan die ontplooi?

Die drie polisiemanne het geen idee gehad nie – ook nie dat hulle op 1.25 lb kokaiëne, 500g dagga, twee pistole en meer as $12 000 kontant sou afkom nie…sowel as op drie verbysterde skurke.

En dit alles net omdat een van hulle 911 begin skakel het, pleks van die 912 waarmee die bendeleier se telefoonnommer begin het.

Daardie nag het dagga beslis nie hulle dag gemaak nie…

7 comments:

Anonymous said...

O jinne! Ek dink daai ou skop homself vir daai vingerfoutjie...912, NOT 911!! :-)

mariki said...

Ha-ha...kan jy jou sy maats se reaksie voorstel!!

Sandra said...

Ek weet wie daai nrs omgeruil het :-)

mariki said...

Hie-hie-hie!

Muriel said...

he he goeie vingerfout, hoeveel mense se lewens word vernietig deur hierdie dwelms?

Ek gaan dadelik vir Zee roep om ook hier te kom lees! :-)

Miekie said...

Dit nou 'n lekkerkry storie! As sulke dinge maar net meer gebeur het: dis verskriklik hoe dwelms toeneem ten spyte van al die "horror" stories!

mariki said...

Eintlik is wat in hierdie possie gesê word, verskriklik. Alles in hierdie aardse bedeling gaan om geld, en dit wat geld kan koop. Hoe kom dit dat AMERIKA nie die bedryf kan (wil) lamlê nie?? Dit kos nie baie breinselle se werking nie...