Wednesday, November 12, 2008

Tot weersiens, Kyle

‘n Verweg sonstraal gly oor die die silwer kis
raak aan die stilte daaromheen
‘n Rilling trek deur my lyf;
dit is koud, so bitterlik koud

Bekende woorde stuif vreemd oor die kis
Stof wat terugkeer tot stof
En nou bly net leegheid, leemte, gemis
Soos die naklank van ‘n innig kortstondige lied

'n Verwese sonstraal skuif weg van die kis
‘n skaduwee dring in sy plek
My keel trek toe, ek word skreiend benoud
ons moet voortgaan, maar hoe…sonder jou

Totsiens,
Kyle Matthew Feck










7 comments:

Anonymous said...

Wat 'n wonderlike kuierplek!! Dankie dat jy my ontdek het, anders sou ek jou nie gekry het nie!!

Muriel said...

Dis so hartseer. My innige simpatie aan julle almal! Mag die mooi herinneringe altyd in julle harte voortleef!
x x

Sandra said...

Totsiens se is nie lekker nie. Sterkte vir julle

mariki said...

Hallo, Tersia -- en welkom!

Dankie, Wip en Sandra. En nou is dit aangaan, né.

Anonymous said...

Ek is nou eers weer terug en my hart is seer saam met julle! Ons het my sus gegroet vroeg in Februarie na 'n kanker siekbed (sommer vreeslik skielik). Sy was 40 en die seeer raak met tye ondraaglik erg! Sterkte!

Anonymous said...

O, dis hartseer.

mariki said...

Dankie, julle.

Tersia, mag die Here jou troos en verkwikking wees -- dis al (en die beste) wat ons vir mekaar kan vra.