Friday, November 28, 2008

Tyd van dankbaarheid

Thanksgiving

The year has turned its circle,
The seasons come and go.
The harvest all is gathered in
And chilly north winds blow.
Orchards have shared their treasures,
The fields, their yellow grain,
So open wide the doorway~
Thanksgiving has come again!
~Old Rhyme


So 'n gesellige Thanksgiving-ete saam met Poppiedot (van kleintyd af se troetelnaam) en Skoonseun gehad Woensdagaand. Die spyskaart (met name vir die geregte wat die kinders oor die jare daaraan gegee het):

Dronkhoender (in Marsala gestowe)
Plakkiesvark (opgesnyde boud)
Rys
Korsieaartappels (oondgebak, met botterskilletjie)
Muisroomboompies (sampioenbrokkoli)
Neutpatat
Murgbrood (Murgpampoentjiebrood)
Oumabessieslaai (Cranberry/Granberryslaai)

Franse Kaaskoek

Met 'n lieflike bottel Villiersdorp Pinotage ('92)

Dankie aan ons Vader vir al Sy ryke seëninge.




8 comments:

Sandra said...

So baie dinge waarvoor ons kan dankbaar wees. Oulike name wat die kos met die jare gekry het :-)

Jan and Miekie said...

Dis lekker om voorraad op te neem van al jou seeninge ne? Die spyskaart klink heerlik en die tafel lyk so gesellig.

mariki said...

BAIE geseënd, voorwaar.

Nimsi se Blog said...

Jou tafel lyk pragtig, mens eet tog so lekker by so n feestelike tafel.
Nimsie

mariki said...

Ja, net so, Nimsie. En ek is gek oor kerslig.

Muriel said...

Mmmmm ek stem, die tafel lyk so gesellig en huislik.

Ons het inderdaad baie om voor dankbaar te wees!
x x

Desia said...

Mmm... dit klink na 'n heerlike Dankie-se dag! (Ek merk op dat julle hoender ipv kalkoen gemaak het - goed so!)

mariki said...

Desia, ek het nog nooit kalkoen gaargemaak nie (skuus tog...). Is nie gek daaroor nie, die sous gee m.i. maar die smaak daaraan. Buitendien, die affêre is so groot, ek en Vennoot sou tot volgende Thanksgiving daaraan gekou het.