Monday, November 17, 2008

Om uit te maak of warm te gegafoefel...



Gister by die kerk gesels ek en vriendin Beth. Die kinders en hul dinge kom ter sprake en ek vertel onder andere dat Grootste Seun (op 6’4” is ons jongste toe mooi netjies die langste), en sy meisie se paadjies uit mekaar geloop het “and they made out.”

Sien gelukkig tog die vinnig fronsie op vriendin se voorkop raak en kliek: hy het sooo mooi herinner ek moet sê “broke up” en nie “made out” nie.

Want hoe kan twee mense onder sulke aweregse omstandighede dan warm gegafoefel! (Wat “made out” natuurlik beteken…)

10 comments:

Muriel said...

Whahahaha Ek lê van die lag!!!

mariki said...

Ja wippie, Seun se "break up" word toe ons "crack up"!

Desia said...

Baie snaaks! Soos ons in die begin ook van die "geyser" wat oppak gepraat het, en dis eintlik "water heater" hier. 'n "Geezer" is 'n ou man!
Mariki...is jy seker jy trek nie ons been oor die blou mense van Kentucky nie? Dis baie interessant, ek het nog nooit daarvan gehoor nie en hier is Manlief nou net by die deur uit en kan ek hom nie vra nie!
Moenie ophou reis (en foto's plaas) nie, dis heerlik om so saam't jou te reis.
(en dankie vir die verduideliking van die springbokvel, ek het dit vir Carla vertaal en sy glo jou; as ma dit se is dit mos nie noodwendig heeltemal waar nie?!)

Sandra said...

Mens kan nogal erg in die verleentheid kom deur die goed op 'n verkeerde manier, wat ons dink is reg, te se. Ek vind dat die Amerikaners hier nogal ok is as mens jou naam krater maak. In die stilligheid lag ons vir hulle wat Afrikaans probeer praat ook. Nadat hulle hoeveel keer die woord "Dankie" gehoor het, se hulle nou "donkey" as hulle iets kry - dan kan mens net glimlag.

Is gafoefel nie 'n lekker afrikaanse woord nie :-)

mariki said...

desia -- dis die bloue waarheid, hoor.

Ja, die telge...andermanswoord is vir hulle meermale die waarheid as wat ons hulle vertel, né.

Sandra, vreemde tale se klanke val maar anders op die oor.

En is Afrikaans nie die opwindendste taal uit nie!

Anonymous said...

Lag is lekker!

Muriel said...

Hoor hier ek gebruik colodial silver en het al gelees van die blou vel kleur onder waarskuwings! Maar het dit nooit ernstig opgeneem nie. Maar boetie ek het my blou geskrik toe ek hierdie foto van die blou mense sien, ek dink nie ek wil meer die silver gebruik nie ;(

mariki said...

Muriel, 'n paar jaar gelede het ek ook van die positiewe waarde van colo silwer gehoor, en dit ampertjies begin gebruik. Hierdie blou verkleuring kan baie erg wees, hoor. Ek het 'n paar nare foto's gesien -- tot die wit van mens se oog verkleur.

Jan and Miekie said...

Toe ek 'n AFS student in Montana was, het ek 'n A+ vir 'n opstel oor die verskille tussen Engels en Amerikaans gekry! Daar is so baie verwarrende terme! Die eerste aand in die V.S.A. kon ek nie die kraan by die wasbak oopkry nie en vra toe my "sus" om my te wys hoe die "tap at the basin" werk. Sy het my aangekyk of ek van 'n ander planeet kom - toe ons by die wasbak kom se sy "Oh the faucet at the sink!" En dan praat ons nog nie van uitspraak nie! Hulle het hulle simpel gelag vir my uitspraak van Arkansas and Yosemite (josemmitie - ek het gese josmight) Maar toemaar hulle kon weer nie Natal of veld uitspreek nie. Lekker bly! Ek geniet jou blog baie.

mariki said...

Miekie, dit was nou lekker snaaks! Dankie. Hoe sê wippie altyd: "whahaha" --

(AFS-student? Al wat ek daaroor kan uitvind, is American Fisheries Society??)

Ek is sooo bly jy geniet die blog. En ek geniet elke kuier -- al kan dit nou nie in onse kombuise wees nie. Miskien eendag, wie weet?
Naweekgroete.