Monday, April 20, 2009

So gepraat van botanie!

Nie alle plantgroeisels maak mens opgewonde nie.

So doen dokters verlede week ‘n longbiopsie van die 28-jarige Artyom Sidorkin in Rusland, vir ‘n moontlike kankergewas.

Tot hul verstomming kom hulle in die longweefsel op ‘n klein dennetakkie af!

“Ek moes drie keer my oë knip en toe ‘n assisstent nader roep om my verdwasende bevinding te bevestig,” het die sjirurg vertel.

Sidorkin kon beslis nie die vyf sentimeter-lange takkie ingeasem of ingesluk het nie, sê die medici. Hulle vermoed dat hy ‘n reeds ontkiemende knopsel ingeasem het, wat toe tot ‘n klein denneboompie ontwikkel het.

Wel…. miskien was my eerste stelling verkeerd, want die denneboompie word tans deur die botaniese ouens bestudeer en mens kan wed dat hulle opgewonde is.

5 comments:

Nimsi se Blog said...

Hoe meer dae, hoe meer dinge ne! sal nogal interessant wees om te sien of die geleerdes die boompie aan die groei kan hou...
Nimsi

Sandra said...

Ek lees die slim mense se dit kan onmoontlik wees, maar miskien is dit van daai pitte wat ons ouers ons ook gewaarsku het gaan by ons ore uitgroei, as ons dit nie was nie, toe ons klein was :-)

Anonymous said...

Dit was hier by ons ook in die nuus. Plaaslike spesialiste het laat weet dat dit 'ontmoontlik' is, want plante groei nie in menslike weefsel nie.

In vandag se Beeld het 'n leser laat weet dat sy as kind 'n boontjie ingeasem het. Na baie ondersoeke is sy uiteindelik geopereer, en die ontkiemde boontjie in haar long gekry.

Wys jou net. Never say never. :-)

Jan and Miekie said...

Dis seker 'n een in 'n triljoen kans dat so iets sal gebeur.. of is dit? Ons het altyd kleintyd gespot dat takke by jou ore gaan uitgroei as jy 'n pit ingesluk het! Die ou denneboompie wou darem baie graag leef ne!

mariki said...

Dankie, julle, het nou lê-ekrrr gelag!