Sunday, April 12, 2009

Vandag, ja vandag sing ek!

Hartsgesang

Psalm 71: 12 - 24

“Ek sal jubel as ek tot u eer sing, omdat U my gered het. Ek sal die hele dag praat van u verlossingswerk…” (22-23)


Ek wat vergifnis, Heer, ontvang het,
sing dankbaar my verlossingslied.

U weet hoe ek na U verlang het –
U het u guns my aangebied.

Ek loof en prys U deurentyd,
en roem u groot barmhartigheid.


“Here, vandag loof ek U uit my hart uit.”

6 comments:

Sandra said...

Ons het darem 'n Spesiale Vader!

mariki said...

Absoluut en vir ewig, Sandra!

Muriel said...

Hierdie jaar draai my gedagtes pal om die grootsheid van die kruisiging. Die pyn, die seer en die opoffering van 'n lewe!

Dit het my so geraak dat ek besluit het om daardie video vir paasfees te maak.

Lekker dag Mariki!

Jan and Miekie said...

En ons sing saam met jou. Is dit nie lekker nie - ons het HOOP al is die wereld so gek en al is ons so dom. Ons is God se kinders en niks of niemand kan dit van ons wegvat nie!

Nimsi se Blog said...

Baie welkom terug mariki, so bly julle het dit geniet en verfris en verkwik weer by ons aangesluit!
Nimsi

mariki said...

Muriel, ek sal kom loer.

"...en ons so dom." Hoe waar! "En niks of niemand kan dit van ons af wegvat nie." Haleluja!!

Dankie, liewe Nimsi.