Tuesday, July 7, 2009

Blindemanskompliment

Verlede week by ‘n damesfunksie vertel die spreekster dat kort nadat haar jongste spruit universiteit toe is, sit sy en haar man een aand rustig op die sofa in die woonkamer en gesels. Naderhand skop hy sy skoene uit, swaai sy bene op die bank op en gaan lê al geselsende met sy kop op haar skoot.

Baie versigtig haal sy sy bril af en laat ewe romanties hoor: “Weet jy skatlam, sonder jou bril lyk jy vir my nog net so aantreklik soos op ons troudag.”

“Liefie,” antwoord hy met ‘n ondeunde trek op die gesig, “en so sonder my bril, lyk jy self nie sleg nie, hoor!”

8 comments:

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Ai die ouderdom en die brille darem!!
Groete

Blog-Marietjie said...

Mooi! Ek't nog altyd geweet daar steek iets goeds in die ouderdom en sy "sagter sintuie"!

mariki said...

OomP, jy beweeg op gevaarlike grond....!

mariki said...

Marietjie, jy het darem maar 'n slag met 'n ding vasvat!

En soooo welkom hier!

Sonja said...

Hahaha! Dit klink soos my man as hy se: jy lyk maer in daardie rok. Dan wonder ek maar net hoe lyk ek andersins en hy se: tipies vroumens- lees altyd iets agter elke opmerking!

mariki said...

Sonja, is ons nie almal tipies nie -- manne EN vrouense (soos een van ons kroos kleintyd die meervoud gebruik het)!

Anonymous said...

Ooo, John moet dit darem vir my sê!

C

mariki said...

C'tjie, daai dag wil ek nie naby wees nie...!