Baie besonders is hierdie familietjie. Okapis lyk na ‘n kruising tussen kameelperde en zebras, maar nee, hulle is slegs aan ou langnek verwant. Wetenskaplikes meen die streepbene dien om die ma’s in die digte bosse vir hul kroos makliker sigbaar te maak.
Okapis kom net in die Kongo voor en hierdie skaam diersoort is verlede jaar vir die eerste keer in die wildenis op film vasgelê! Dog tragies genoeg wil dit lyk asof okapis weens wildroof en ook vanweë die gewapende stryd in die Kongo, gaan uitsterf.
En sowaar is die okapi een van die min soogdiere wat sy eie ore kan lek! Dit wil darem gedoen wees!
7 comments:
So 'n cute streepbeending! En what a shame die goed gaan dalk uitsterf! Geniet jou okapi daar in Denver, maaikie.
C
Aw, te oulik!
Wat 'n eienaardige dier is dit nie met 'n eienaardige naam boonop! :-)
Jy's getag Mariki as jy lus het om saam te speel!
Thea, jy vang my onkant. Wat is ek veronderstel om te doen?! 'Skies vir die gebrek aan internet sosialisering!
Ja, dit IS tragies, C.
En tog anderster, né, Desia.
Dit is nou vir jou n interessante verskynsel!
Post a Comment