Saturday, July 4, 2009

Te veel van 'n mooi ding

(Nie my foto's nie.)

Sit nou hier met die reuk van kruit in die neus en die geluid van klappers in die ore. Dis mos 4 Julie, Amerikaanse Onafhanklikheidsdag, en uit die afgelope 2 ure se veelkleurige sprinkelsterre in die lug en die klapgeluide in die omgewing, sou mens waarlik nie kon aflei dat die ekonomie knyp nie.


Nou kyk, soos met Kersfees, word mens mos weer pure kind wanneer die een verskietende wonderkleur ná die ander die donker hemelruim verlig. Maar ai, ek kry dit die afgelope paar jaar maar net nie meer reg om heeltemal skiet te gee oor die kostes en skades van hierdie skouspel nie.
In 2007 is 9 800 mense (waarvan 5% ernstig), vir hand-, oog- en beenbeserings veroorsaak deur vuurwerke, behandel.

En tot laasjaar het Amerikaanse huishoudings altesame nagenoeg $420 miljoen p.j. (R2 940 miljoen) op vuurwerke uitgegee. Ek kon nie eens maatskappye, amptelike en staatsorganisasies se syfers opspoor nie. Want afgesien van die agterplaasvuurwerke, hou elke liewe dorp en stad, en in groot stede elke ryker munisipaliteit, hul eie vertonings op hierdie vierde dag van Julie.


So iewers, tussen die fantastiese flonkering van fonteinsterretjies en die geknetter van klappers heen deur, brand ‘n eina-vonkie my. Want ek onthou van armes en ellendiges, haweloses en hongerlydendes....

En skielik verloor die skouspel iets van die betowerende skittering van my kindweesjare.

7 comments:

Sonja said...

Ja! n definitiewe Ja! Dit doen baie skade en wat van die arme diere? Ek dink ook die geld kan beter aangewend word.

Anonymous said...

Wow, vriendin, what a waste. Is ook mal oor vuurwerke, maar hierdie is overboard, dink ek.

C

mariki said...

Netso, Sonja! Daardie arme, verskrikte diere.

C'tjie: Beslis, maatjie.

Dané said...

Dis tragiese geldvermorsing, mariki!

mariki said...

Absoluut, Dané.

Oom Petrus said...

Ek staan verstom oor die groot bedrae geld wat mense so lekker kan mors.
Groete

mariki said...

Dit kry my ook onder, OomP.