Thursday, July 23, 2009

Hande

Raakgelees:

'n Gholfstok in my hande beteken nie veel nie.
'n Gholfstok in Ernie Els se hande beteken 'n paar miljoen rand.
Dit hang af in wie se hande dit is…

'n Stok in my hande kan gebruik word om myself te verdedig.
'n Stok in Moses se hande het die see geskei.
Dit hang af in wie se hande dit is...

‘n Kettie in my hande is ‘n speelding.
‘n Slingervel in Dawid se hande is ‘n magtige wapen.
Dit hang af in wie se hande dit is...

Twee vissies en vyf brode in my hande beteken 'n paar vis-toebroodjies.
Twee vissies en vyf brode in Jesus se hande beteken kos vir duisende.
Dit hang af in wie se hande dit is...

Met spykers in my hande kan ek 'n kassie bou.
Spykers in Jesus se hande beteken oorwinning en verlossing vir almal wat Syne is.
Dit hang net af in wie se hande dit is...


Daarom wil ek vandag, en vir altyd, ALLES wat ek is en het -- in God se hande los.

10 comments:

Anonymous said...

Dankie vriednin, needed to read this today.

C

Dané said...

Ag, is dit nie wonderlik waar nie.

mariki said...

Ek is bly, C!

Stem, Dané, stem!

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Diit laat mens dink né?
In wie se hande moet ons ons lewens plaas? Sekerlik in die hande van Iemand wat nie vistoebroodjies maak nie!
Groete

mariki said...

OomP, hier praat jy nou die waarheid met 'n glimlag!

Nimsi se Blog said...

Sjoe mariki maar ek het vreeeeeeeslik agter geraak die afgelope maand. Hierdie is inderdaad iets wat almal van ons nodig het om te lees. Al jou ander stukkies is almal so pragstukke - dankie.
Sal seker nou weer daagliks kom inloer.
Dankie vir jou getroue liefde en gebede, ek wardeer jou vriendin!

mariki said...

Ou Nimsie, dis heeeerlik om jou weer terug te hê!

Jan and Miekie said...

Hi Mariki
Wat 'n treffende gedig - so baie, baie waar!
Ek het nounet lekker opgevang op jou blog. Interessant oor Kalispell. Dis ook 'n dorp in Montana en dis waar ek more 40 jaar gelede in die Johnsons se huis verwelkom is!
Tussen hakies: Touch! Jy is aan vriendin. (Tag kom oorspronklik van Sandra en Nimsi...)

Muriel said...

Ek het nou heerlik hier by jou gekuier in die museums.

Hierdie inskrywing is baie waar. Dankie daarvoor.

Groete

mariki said...

Haai Miekie, ek weet van die dorpie in Montana, maar is dit nou nie te sê dat dit jou eertydse vertoewingsplekkie was nie! (Wanneer kom draai jy weer?!)

Muriel, ek sê só dankietog vir die voorreg van museums.