En o, die agternákyk se vreugde:
Baroness de Domecy (ong. 1900, pastel en grafiet op bruin papier) -- Redon
Is dit nie skitterend modern nie! Die barones se gesig word gevorm deur die agtergrondpapier.
Sy's alte dogtertjierig. En daai kleinhond spring nou-nou uit die raam uit.
John dra, soos dit destyds nog die gewoonte vir klein seuntjies was, 'n rokkie (waarom weet nugter? En tjek bietjie daai moue), nogal ewe met kantwerk ook. Francis Cotes was die eerste Engelse skilder om met pastelle te werk. (Menige ma sal wens om so 'n mooi dogtertjie te hê!)
Die Wasmeisie (1761, olieverf) -- Jean-Baptiste Greuze
(Haar gesigsuitdrukking lyk soos ek dikwels in die waskamer voel.)
Hierdie portret is een van die min privaatwerke wat David gedoen het nadat hy vir Napoleon begin werk het. Suzanne is wees gelaat in die Franse Rewolusie. Is dit nou nie interessant watse verskil die borand van die handskoene aan die hele prentjie maak nie -- ewe skalks.
Gedurende die middel-1800's was dit die in-ding onder die Paryse hoër-middelklas om Japanese kunsstukke te versamel. Hier bekyk twee jong meisies hul moontlike aankope. Oftewel, hulle "windowshop."
Carpeaux was hooggeag deur Napoleon III en een van die beroemdste beeldhou-portretkunstenaars ooit. Hierdie beeld is dié van die Russiese vrou van die Franse skrywer Alexandre Dumas, Jr., en beste vriend van die beeldhouer.
4 comments:
O Mariki, dankie! Dis wonderlik om te kan geniet.
Dané, my voorreg om te kan deel. Ek het so 'n borreling in my oor die wonder van hierdie kunswerke.
Wow,dit is nou regtig wondervol. Wens ek was saam. Die foto's is great. Baie helder.
C
Oe! dit wil gedoen wees! Dit is darem die grootste talent daardie!
En die beeldhouwerk!! Sulke fyn detail...!
Post a Comment