Thursday, July 9, 2009

Ry sal ons ry


Vennoot is besig om die huis te verf en op te knap. Vanoggend is dit heerlik koel genoeg om die buitenste vensterrame by te dam.

Ná ‘n soektog deur sy verfblikke in die motorhuis, kom hy teleurgesteld in die kombuis rapporteer: “Niks van die regte kleur nie en ek verpes dit om eers te moet ry om die regte goed te gaan koop as ek wil begin werk.”

Hmm Venoot, en hoeveel keer per week ry ek kruidenierswinkel toe….

7 comments:

Mariette. said...

ai ek ken daardie gevoel. Ons bly 'n entjie van die stad en dinge af en ek wil ook soms koekkies bak as mens moet ry vir iets en dan moet ek ook byvoeg dat ons ook maar gereeld in die stad is. so ja ken die gevoel...:-)

Dané said...

Ja, Mariki, staties is nie 'n woord in 'n huisvrou se woordeboek nie.

mariki said...

Ha-ha Vlooitjie, dis 'n minder goeie gevoel, né!

Beslis nie, Dané.

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Ja, so 'n onderbreking kan ook maar jou spoed lelik breek. Dan is gaan sit, sodat die lus om te werk kan oorgaan, baie makliker.
Geniet die naweek

Blog-Marietjie said...

Vir my is die ry nie die slegste deel nie, maar die inkopies self. Veral as dit kos is wat gekoop moet word. Die leeftyd van kos is so kort, en as ek dink waar dit eindig, behalwe nou om die heupe, verloor ek sommjer al my spoed! Maar eet moet ons, en eet sal ons - kom wat wil!

mariki said...

Jy laat my lekker lag OomP -- sal jou raad oordra!

Marietjie -- en dan word die kos so vinnig nog opgeëet ook nadat dit my hoelank geneem het om dit voor te berei! Maar dan, lekker eet is darem maar nie te versmaaie nie, né.

Jan and Miekie said...

Hi Mariki
Ken ook die gevoel... ons is 20 minute van die naaste winkel en 30 minute van die naaste ordentlike winkelsentrum, so as daar op 'n Saterdag eers ingery moet word vir verf of dergelike is die dag in alle geval daarmee heen... maar dan kan 'n mens mos reg wees die volgende Saterdag! Ja-nee, ry moet jy ry!