Wednesday, July 8, 2009

'n Baken van lig en hoop

Jare gelede is Mary Achai en haar sewe kinders deur Islamietiese militantes uit hul klein dorpie in suid-Soedan ontvoer. Sy is as ‘n seksslaaf aan ‘n Moslem man in die noorde verkoop. Die man het haar herhaaldelik gevra om Christus te verloën, maar Mary het bly weier, en nadat sy probeer het om saam met haar kinders te ontsnap, het hy haar aan die brand gesteek.

Met geen mediese hulp naby nie, het haar brandwonde nie reg gesond geword nie. Haar arms het vanweë die wondweefsel op haar rug en arms, teen ‘n hoek van 90º kromgetrek . Sy kon niks vir haarself of haar kinders doen nie.

In 2006 het drie sendingorganisasies saamgespan om vir haar mediese onkostes te betaal.

Deesdae is Mary ‘n leier in haar gemeenskap, en verleen hulp aan weduwees en voormailige seksslawe. Met behulp van ‘n digitale klankstel lei sy ‘n vroue-Bybelstudie. Baie min in haar dorpie, Mary ook nie, kan lees.

As ‘n inkomste maak die groep vrouens seep en verkoop dit saam met tee en ander lewensmiddele, op die dorpsmark.

Nietemin is Mary se geloof brandend sterk en het sy geen berou omdat sy so swaar moes ly vir Christus nie. As mens haar vra hoedat sy dit regkry om aan te gaan, dan antwoord sy met nederigheid: “Alleen God is die ware God, en ek wil Hom aanbid.”


Ná talle operasies kan sy nou haar arms amper heeltemal reguit maak, en self haar huiswerk doen.

Mary het onuitspreeklike aakligheid en smart beleef. Dog, ten spyte van slawerny, misbruik, verlies, armoede en pyn, prys sy steeds die God wat haar staande hou.


O Here Jesus, dankie vir Mary.
Dankie dat U hoop gee aan U kinders, ja, dat U ons Hoop op ewige heerlikheid is.
En Vader, help my om ook elke dag ‘n helder baken van lig en hoop te wees in U diens.
Amen

8 comments:

Anonymous said...

Have no words, vriendin. Net Jesus kan help.

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Dit is net die Here wat haar kon staande hou om na alles nog steeds vir Hom te werk en getuig
Groete

Sonja said...

Dit is pragtig! Wat n wonderlike getuienis!

Jan and Miekie said...

Wat 'n getuienis en wat 'n pragtige glimlag en oe! Sy ken Jesus van aangesig tot aangesig, dis gewis! Sy is 'n groot INSPIRASIE! Dankie Mariki vir hierdie pos.

mariki said...

Ja, en weer ja, C'tjie!

mariki said...

Absoluut, OomP en Sonja.

Miekie, dit bemoedig my ook so om sulke getuienisse te mag hoor.

Blog-Marietjie said...

Ja, verseker is sy 'n baken van lig en hoop. Daar is so baie, as ons net ons oë oopmaak en SIEN!
Mooi bly

mariki said...

Sooo waar, Marietjie. Veral in 'n wêreld wat mens wil verswelg deur die negatiewe en aaklige dinge, moet mens
jou instel daarop!