Thursday, July 2, 2009

God luister

Aangestuur gekry van 'n vriendin van my sus:

Elke oggend voordat ek padvat, bid ek en vra die Here om engele voor my motor uit te stuur. Oudergewoonte toe doen ek dit weer verlede Dinsdagoggend voordat ek ry. Deur die dag lees ek die artikel van Bertha Cronjé (oorlede Hansie Cronjé se vrou).

Hoe sy die stukkies van haar lewe moes optel en hoe swaar sy gekry het ná sy dood, al het sy sterk voorgekom. Sy vertel hoedat sy een aand net nie meer kon aangaan nie. Sy het in die donker voor haar kamervenster, teen die gordyne, vir die hele nag gelê en huil en bid.

Die volgende oggend toe sy haar voordeur oopmaak, lê daar 'n veer op die stoelkussing op die stoep en een op die voordeurmatjie, rég voor die deur.

Sy en 'n Engelse vriendin het in dié se Bybel die woorde 'feather' en 'bird' gaan opsoek. Kry 'n teks wat daarop neerkom dat die Here haar soos 'n fyn veertjie sal beskerm, en dit het haar die grootste gemoedsrus gegee.

Wat gebeur toe met my toe ek by die huis kom.....??? Daar lê 'n pragtige veer op my matjie voor die voordeur!!!! Net daar het ek besef: God hoor elke woord wat ons bid. Dit voel dalk soms of ons teen die dak vasbid, maar dis nie die werklikheid nie.

Die boodskap wat ek gekry het,was dat God vir my wil sê: "Ek hoor jou gebed, en Ek beskerm jou daagliks op die paaie!!! Ek HOOR jou!!"

Is dit nie wonderlik nie?!

Die Here is so getrou. Van die dag van my geboorte kyk Hy na my. Alles wat ek het, het ek van Hom onvang -- en is dit nie ontelbaar baie nie! Hy is groot en magtig --- Sy naam is Abba - VADER.

Here, U is my lewe, U sorg Vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. 'n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja wat ek ontvang het, is vir my, en dis mooi, Here!

"Ken die Here In alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat wandel - Spr.3:6."

11 comments:

Jan and Miekie said...

Ag Mariki, is dit nou nie vertroostend nie! Dis so wonderlik om te weet die Here is altyd daar..oral...en hy luister altyd. Het jy al "The Shack" gelees?

mariki said...

Miekie, en om te dink die grote God is so lief vir ons dat Hy in sy Goddelikheid, bereid is om selfs op so 'n liefdevolle manier met ons te kommunikeer!!

The Schack ontlok groot dispuut, weet jy daarvan, en daarom het ek dit nie gelees nie. My kind het wel, en hy slaan dit hoog aan. Ek hou nie van wat ek daaroor gelees het nie.

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Dit is wonderlik om die Lewende God te dien en te weet Hy buig af na ons toe omdat Hy vir ons lief is en ons wil vertroos in ons hartseer.
Groete

Dané said...

Is ons God nie fantasties nie.

Dankie.

Anonymous said...

Txs, maatjie -- dis great om net weer remind te word.

C'la

mariki said...

OomP -- stem!

Dané, dis net so.

mariki said...

Reg, C'tjie.

Desia said...

So goed om te lees en ter harte te neem.
Ek stem saam (met Mariki) oor "The Shack"; wil dit ook nie lees nie agv heelwat negatiewe kommentaar deur mense wie se opinies oor geestelike dinge ek vertrou.

Die Clematis pos was so snaaks! Ek sukkel ook al jare om een te laat groei, maar die arme goed verdwyn elke jaar, hoewel ek koop wat veronderstel is om "hardy" in "Zone 3" te wees?

mariki said...

Desia, jy bevestig my vermoede: iewers loop daar Clematisdiewe rond hier in noordelike Amerika!

Ja, ons moet maar telkens weer opnuut her-dink oor die Here se versorging.

Blog-Marietjie said...

So waar! Ek beleef Sy genade en nabyheid elke dag, en kan net met julle saamstem. Ons aanbid die enigste LEWENDE GOD!

mariki said...

Marietjie -- ek is uit my vel uit oor jou kuiertjie -- baie dankie!

En ja, die genade daarvan dat ons Hom ons Pappa mag noem en Hy stap elke tree saam en beskerm ons aan alle kante!