Monday, July 27, 2009

Mirakel van 'n museum (laaste)

Omdat die bure van die Getty Kunssentrum versoek het dat die geboue nie te hoog moet wees nie, is die onderste vloere van al die geboue ondergronds, en ook met gange verbind, wat die verskuiwing van die kunswerke vergemaklik.

Een van die sentrum se belangrikste argitektoniese elemente, is dié van natuurlike lig. Die baie glasbuitemure lok die sonlig na binne en gee ‘n gevoel van ontspannenheid en vryheid.

Die hoeveelheid lig word egter dwarsdeur die dag deur ‘n rekenaarstelsel beheer wat die blinders en sonskerms voor die vensters verstel. En in die sale waar die skilderye uitgestal word, is daar bowendien spesiale filters aangebring om skade aan die kosbare kunswerke te voorkom. (Is daar iets waaraan daar níé gedink is nie?!)


Portrait of Jeanne Kéfer
(1885, olieverf) -- Khnopff

Hartediefie!!



La Promenade (1870, olieverf) -- Renoir

WAT 'n rok! En kyk hoe onskuldig hou sy haar terwyl hy haar die woud binnelei...is die spel van lig en skadu nie manjefiek nie!



En....Van Gogh se Irisse! Elke ene van Van Gogh se irisblomme is uniek -- ongelooflik! Hy het 'n fyn studie gemaak van die beweging en vorm van die blomme, om sodoende met kartelende en golwende lyne 'n verstommende verskeidenheid van blomsillouette weer te gee.


In 1874 het die kunskritikus Leroy vorendag gekom met die term "Impressioniste" toe hy die hawetoneel van Monet, getiteld "Impression, Sunrise" (1903) gesien het. Hy was van mening dat die kunstenaars bloot 'n indruk van 'n toneel/figuur/voorwerp met enkele, abrupte kwashale begin weergee, en dan sommer net daar opgehou het sonder die verdere afronding.


Die baie bekende The Bridge Over The Water-Lilly Pond (1903, olieverf) -- Monet

Monet het vertel dat hy ure lank na die toneel gesit en kyk het voordat hy sy kwas opgetel het. Een van sy waterlelie-skilderye is in 1998 vir sowat $39 miljoen verkoop. Tog so jammer die man weet dit nie...maar IS ek dankbaar hy het wel daai kwas opgetel!



4 comments:

Anonymous said...

M, hierdie ouens se werk was darem maar net stunning. En om te dink een ou was so ryk dat hy die goed alles kon koop.

C

Jan and Miekie said...

Oe Marietjie, dis pragtig! Ek het vanaand meer tyd gehad om na die skilderye te kyk en kon ook meer rustig na jou vorige fotos - en handskrif - kyk! Als baie geniet. Doe so voort!

Dané said...

O Mariki, dis so wonderlik mooi! En dankie vir die interessante feite.

mariki said...

Reg, C'tjie!

Ja Miekie en Dané, dit was feeste. Die Here het my sp bederf met daardie besoekie.

En baie dankie vir jul waardering.