Tuesday, October 27, 2009

Dit kan mos nie beter nie

Ek was die afgelope paar dae bietjie platgetrek deur ‘n rasegte boereverkoue.


Staan vanoggend in die kombuis toe Vennoot uit sy studeerkamer kom en sy arms om my kom sit en wil hoor hoe dit gaan.


“Baie beter, dankie.”


En so, in die bekende kring van sy arms en met my kop teen sy bors geleun, sê hy: “Dan is ek baie bly, my alte beste vrou.”


Ja, dit gaan goed met my; voorwaar, dit kan nie beter nie, my Hartsgenoot.

8 comments:

Sonja said...

As ek nou daar was, het ek julle altwee n drukkie gegee! Ek is bly jy voel beter!

mariki said...

Dankie, Sonnie!! (Afstand is soms so 'n aaklige ou ding.)

Dané said...

Mariki, my lewensverhaal was nie altyd een van vrede nie, en partykeer was die valleie baie diep, maar die Here was goed vir my en genadiglik kan ek vandag sê, ek weet die afgelope paar jaar, waarvan jy hier praat. Geld kan dit nie koop nie.

mariki said...

Nes jy sê, Dané -- genade, suiwer genade, en dis wonderlik om te ervaar!

Anonymous said...

Dit is great, vriendin. Enjoy. Ek en John geniet ook ons togetherness.

mariki said...

Wonderlik is dit, C'tjie.

Nimsi se Blog said...

Ai vriendin...
Hoop jy voel gou heeltemal weer jou ou self!

mariki said...

Is al weer, dankie.