Ag, wáár om te begin vertel van die kosbare sendingkonferensie die afgelope naweek?!
Sowat tien jaar gelede het die Here aan een van sy Amerikaanse kinders ‘n visie oor al dié man se mede-Baby Boomers gegee: van die 70 miljoen van hulle in Amerika, is 12 miljoen gelowiges – hulle kan met hul aftrede gemotiveer en gehelp word, om nie net vir nog jarre rond te reis of rustig in die son te sit nie, maar wel om deel te word van ‘n nuwe vloedgolf sendelinge wat Jesus aan die verlorenes kan gaan verkondig!
International School Project rëel dat mens vir 2 weke lank in Oos-Europa of Asië onderwysers kan oplei in ‘n kursus oor etiek en moraliteit. En natuurlik is die Bybel die handboek!
Evangelism Explosion gee opleiding om met straatkinders, dowes en ook prisoniers te werk. Hier en oorsee.
International Institute for Christian Studies help Christen-akademici fakulteitsposte kry aan oorsese kolleges en universiteite – veral in lande waar sendelinge nie toegelaat word nie -- sodat hulle Christus aan daardie lande se leiers van môre, kan verkondig!
European Christian Mission stuur o.a. spanne uit om met dwelmverslaafdes op die strate van Europese stede te gaan werk. Om radio-uitsendings te gaan doen. Om met vlugtelinge te gaan werk. Om van deur tot deur, literatuur te versprei.
Ag, en so kan ek voortgaan. En wat 'n fees was dit om die opwindende getuienisse van veldwerkers te kon hoor, om mens se geloof te versterk!
Ek is sooo opgewonde en vertrou dat wanneer dit ons beurt en kans is, die Here ons sal uitstuur in Sy wingerd.
Give me one pure and holy passion
Give me one magnificent obsession
Give me one glorious ambition for my life
To know and follow hard after You
To grow as your disciple in your truth
This world is empty, pale, and poor
Compared to knowing you, my Lord
Lead me on and I will run after you
Lead me on and I will run after you
8 comments:
O, dis wonderlik Mariki! Mag die Here julle gebruik vir Sy oes!
Hallo Mariki,
Dit is fantasties. God is goed en weet altyd beter as ons ou mensies.Sy werk sal nooit tot 'n stilstand kom nie. Hierdie is 'n innoverende manier om dit te doen.
Groete
Dankie, Sonnie!
Reg, OomP, reg!!
Mariki, dis waarlik 'n GROOT en wonderlike storie. Mag Hy julle droom
waar maak.
Dankie Dané -- ja mag Hy tog!
(((mariki)))
Ja, Nims!!!
Jy wil dit al lank doen, hê girl?
Jy sal dit tog kan doen, I hope.
Post a Comment