Yellowstone – die wêreld se heel eerste nasionale park (1872)
Met die helfte van die wêreld se geotermiese verskynsels (dit is, fantasties gekleurde warmbronne, kokende modder- en stoompotte) en sy meer as 300 spuitbronne (2/3e van almal op aarde), is dit g’n wonder dat hierdie park as Wonderland en Geyserland bekend geword het nie.
(Yellowstone is egter baie meer as warm grondwater en spuitende stoom. Meeste daarvan is hoë plato, omring met berge met baie riviere, pieke, mere, diep klowe en grote woude.)
En hierdie kaart dui maar 'n pinkiegrootte van die warm- en spuitbronne aan:
Maar ook is hierdie pragtige plek volgens geoloë ‘n ware “smoking gun” wat net bewys hoe gewelddadig die aarde kan wees. Sowat 640 000 jaar gelede (en hier moet ek my oorlede ou moeder aanhaal: “lieg hulle, dan lieg ek nou”), het hierdie gebied ‘n ongelooflike vulkaniese ontploffing beleef. Binne enkele minute is die landskap verwoes. Vinnig-vloeiende as het duisende vierkante myl bedek.
En reg in die middel het daar net ‘n smeulende caldera oorgebly – dis ‘n ‘ge-koelêpste’ krater van 45 by 30 myl. En dis bo-op hóm dat mens al hierdie wondere kan aanskou.
(Volgende keer kom die spuitbronne aan die beurt.)
4 comments:
Dit is die interessantste verskynsels!
Die water se kleure is ongelooflik mooi en wat 'n interessante plekkie op hierdie groot planeet wat Aarde heet. Kan jy dink as mens al hierdie "vuurwerke" van 'n afstand af kon beskou miljoene jare gelede Mariki?? Wat 'n skouspel moes dit nie gewees het nie!
Wat 'n wonderlike plek. Dis ook op my lysie van besoek, maar....
Julle het duidelik 'n besondere vakansie geniet. Dankie dat jy dit deel.
Dit kan jy weer sê, Sonja!
Gits Thea, nog nie só daaraan gedink nie!
Dané, as jy kan -- gaan!
Dankie, die reisie was waarlik besonders.
Post a Comment