Wednesday, October 28, 2009

Mosaïektyd

So kom ek mos die laaste week agter iemande (sal nou nie name noem nie), het ons somer weggesleep...en ons sit met herfs hier buite.


O wel, elke hond kry seker sy dag. (Moet dus maar nie te skuldig voel nie.)


Toe dit laatmiddag bewolk en boonop koud raak, is ek met 'n spoed hier uit in die buurt in om herfskleure vas te vang. Latenstyd het dit selfs begin motreën, maar natword of te nôt, ek het my swaar weggedraai van die ryk én rype kleurespel.

"Winter is an etching, spring a watercolor, summer an oil painting and autumn a mosaic of them all."

~ Stanley Horowitz ~












10 comments:

Anonymous said...

Beeeuutiful.

C

mariki said...

YES!!

Sonja said...

Wow! Wow! En weer WoW!!! Dit is die mooiste herfs wat ek nog ooit gesien het!! Ek wens ek het sulke plante en bome hier ! Dit is n lewendige skildery!

mariki said...

Voorwaar, Sonja. En mag ek maar in MY herfs leef om so mooi te vertoon!

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
En om te dink die Here het gemaak dat daar verskillende seisoene moet wees. Met Sy verfkwas al die wonderlike kleure vir ons geskilder.
Groete

Huisvrou said...

Lieflik!! Daar is darem maar 'n bekoring in Herfstyd wat geen ander seisoen kan vasvat nie.

Herfs in die Bosveld is veel mooier (en aangenamer) as lente.... Net jammer dat die koue winter daarna sy kloutjies uithaal en wys.

mariki said...

Ai, OomP, Hy het ons darem soooo lief!

mariki said...

Ja, herfs is RYK.

Maar die winter daarna....reg, Marlize!

Nimsi se Blog said...

Oe mariki dis PRAGTIG!!!!

mariki said...

Ja, ons verkyk ons, Nimsi.