Ek weet nie waar of wanneer ek die eerste keer hierdie skildery gesien het nie, ook nie eens of dit hier in Annerland of nog in Ouland was nie, maar ek onthou wel dat ek so getref was daardeur dat ek in my spore vasgesteek het.
En nou vertel ‘n vriendin dat ‘n vriendin van háár ‘n paar somers gelede ‘n afdruk van “Grace”, gekoop het by die einste klein fotografiese ateljee’tjie waar die foto destyds van jare in Bovey, Minnesota, geneem is!
In 1918 was die dorpsfotograaf Eric Enstrom.
Een goeie oggend het ‘n skoenskraper-smous by hom opgedaag en Enstrom was so getref deur die waardige ou verkoopsman se saghartige gesig, dat hy besluit het om ‘n foto van hom te neem vir ‘n portefeulje wat hy aan die saamstel was.
Enstrom wou naamlik ‘n foto neem om aan mense te wys dat selfs al leef hulle swaar weens die pas afgelope oorlog, hulle nog baie het om voor dankbaar te wees.
Hy het Charles Wilden gevra om by die tafeltjie met die enkele voorwerpe op, te gaan sit en ‘n gebedshouding in te neem.
“Meneer Wilden het dit so spontaan gedoen, dat mens kon sien dit is by hom ‘n gewoonte,” het die fotograaf later vertel.
Eric Enstrom het hierdie foto as sy heel beste ene beskou, uit al die duisendes wat hy in die 50 jaar van sy loopbaan geneem het, en wel omdat hy gevoel het dat hy die
opregte dankbaarheid wat van die ou heer uitgestraal het, in die foto kon vasvang.
Die foto is later deur ‘n olieverfskilder op doek vasgelê.
~~ Een oggend in 1918 was ‘n doodgewone man besig om sy doodgewone werk te doen en van deur tot deur te smous, toe hy ‘n ander doodgewone man ontmoet het, besig om sy doodgewone werk te doen – en die resultaat was uitsonderlik.
[In 2002 is hierdie foto as die amptelike staatsfoto van Minnesota verklaar. Natuurlik het dit skerp kritiek uitgelok (hoe dan nou nie!), maar een van Minnesota se senatore het op die wêreldbekendheid van die foto gewys, en genoem dat hy selfs ‘n brief van ‘n Amerikaanse soldaat ontvang het wat sodanige foto in ‘n woonplek in Afghanistan gesien het!)
14 comments:
Dit is baie mooi!En n baie mooi storie.
Genade Mariki, ek sien nou eers hoeveel van jou pos ek oorgeslaan het - maar ek het nou lekker opgevang. Dankie vir jou getuienis in "It". En baie geluk met die nuwe aankomeling! En ek het ook die Yellowstone inskrywings baie geniet.
Dankie ook vir die geskiedenis van hierdie besondere foto. Dis besielend. Ek is seker hy het nie NET gese "For what we are about to receive, may the Lord make us truly thankful" nie.
Thanks, maaitjie.
C
Reg, Ctjie
Altwee keer reg, Sonjat'jie.
Dankie vir die kuiertjie, Miekie, dis ALTYD 'n voorreg en lekkerte om jou hier te hê --
Ja, ons is erg opgetjaarts oor die nuwe verwagting! Yellowstone IS darem net iets anders.
En hoe raak vat jy die ou heer se gebedsuiting!
Ai, Mariki, hoe verlang ek nou my oupa-hulle met huisgodsdiens.
Hallo Mariki,
Hierdie foto/skildery laat vir mens dink né. Het ons dieselfde eerbied wanneer ons ons hoofde buig om Vader te dank vir Sy voorsiening?
Groete
Dané, was mens nie bevoorreg om biddende voorgeslagte te hê nie!
Hallo weer, OomP!
Ek glo dat net 'n lewende verhouding met die Here, mens van gewoontegebede weerhou, né.
Pragtig...
Hoeveel huise hou nog vol met hierdie "tradisie"? En in hoeveel huise is dit nog die anker?
Ai, hoe het dinge nie verander nie...?
Ai, Marlize, jy maak my nou weemoedig.
mariki
ek kom eers opvang hier by jou... inderdaad n "aan - die - hart- vat" stukkie hierdie! Dankie
Plesier, Nims. Goed om jou weer hier te sien!
Post a Comment