Wednesday, October 21, 2009

Klein kleuter-feminis!

Omtrent drie maande gelede tydens ons weeklikse gesels, verbly van die ver kinders ons met die nuus oor ‘n nuwe aankomeling wat oppad is. Altyd welkom in hierdie familie!!

Vandeesweek kon hulle nie help nie, om op die sonar te sien dis ‘n klein blouvoetjie aan't kome, en besluit om dit met sussie (5) te deel.

Sy luister, bly so ‘n oomblik stil en laat hoor (beskuldigend?): “But he is not going to be as useful as a little girl.”

Daar het jy dit.

8 comments:

Dané said...

Hierdie boetie sal moet uithaal om by te bly, dis seker!

mariki said...

Jy kan DIT weer sê, Dané¡

Nimsi se Blog said...

Baie Geluk mariki - ek glo ousus sal vinnig van deuntjie verander as boeta eers daar is...

Sonja said...

Hahaha! Dit is duidelik dat sy haar waarde ken!

Anonymous said...

Womens libber, this one, maater.

C

mariki said...

Nims, die boetie-sussie liefde is altyd mooi om te sien, né. So ja, sodra sy begin "popspeel" behoort sy aandele by haar te styg.

Sonja, sy is nogals enetjie wat ken van, ja.

C'tjie, jy ken mos haar ouma....

Huisvrou said...

O, gatta-patatta!! Boeta, jong, jy sal moet jou karretjies en blokkies styf-styf vashou, anders gaan jy nog pop-bersies moet vou!! :)

Dis DierBaaR. En so baie eerlik.... Duidelik sy het gewens vir 'n maatjie.

Geluk aan die ouers en grootouers ook!

mariki said...

Dankie, Marlize, ons is opgewonde!