Tuesday, October 20, 2009

Ek is "it"

Ek lees iewers die volgende definisie van “aan-aan”:


The basic rules to Tag are quite simple. All you need is a group of kids and a decent sized backyard. One person is designated as "it", and that person runs around and tries to touch someone else. If they succeed, the person they touch is now "it".


Nou ja, Sonja het my ”it” gemaak. En julle kan kies: óf “it” skryf vier laaaang aflewerings oor haar lewensriglyne, óf julle is bereid dat “it” met die volgende volstaan ~


Kortom, die rigwyser vir my lewe is presies dieselfde as duisende ander en vele geslagte syne, en ook julle s’n: jy moet die Here jou God bo alles liefhê en jou naaste soos jouself.


En daaruit spruit al die afgeleide beginsels van my lewe.


Maak dit my sondeloos? "St. Mariki"? Iemand wat op water kan loop? Nee, hoegenaamd nie. Hierdie “it” is steeds al vallende en opstanende en voortbeurende, maar genadiglik onder die straling van God se glansende genade!


“God’s people fall a hundred times

Before each day is done.

But Grace, in whispers,

lifts them up

One hundred times and one.”

~~ William D. Blake



7 comments:

Sonja said...

Man!Dis nou goed gese!! Volpunte vir hierdie stukkie mondvol!

mariki said...

Ai Sonnie, waar laat trap jy nou amper vir "it" in die slaggat van trots....!(Ha-ha)

Maar is dit nie die beste, beste versie nie. Wil sommer skree "Joegaai!"

Dané said...

Dankie, Mariki, dit som dit baie goed op. Ek onderstreep alles.

mariki said...

Ons kan, en wil, nie anders nie, né, Dané.

Anonymous said...

Thanks, matertjie.

C

mariki said...

Dankie jou ook, C'tjie.

Nimsi se Blog said...

Amen vriendin - AMEN!!!