Friday, June 26, 2009

Onthou bietjie

Uhhm.....om almal daaraan te herinner: dis tyd om kersgeskenke te begin koop, hoor!

Nog net ses maande oor....

5 comments:

Desia said...

Sjoe Mariki,dankie dat jy ons herhinner dat daar nog NET 6 maande oor is voor Kersfees - ek beter begin lysies maak en koop!

Ek hou van jou nuwe blog uitleg, beige en groen ten spyt; ek is so moeg vir myne, maar is te lui om self uit te werk hoe om te verander en my gebruiklike blog-uitleg-veranderaar is nie altyd lus om haar ma se blog te verander nie en is ook nie tuis nie.

Dankie vir die foto's van die eiland; SA vriende trek einde Aug. Comox toe (glo ook op die eiland) en ek is taamlik jaloers dat hulle die prairies kan vaanwel roep en ons hang maar nog hier aan op sekerlik een van die platste plekke op aarde.

mariki said...

Hallo, Desia -- so goed om weer te gesels.

En ja, kan nie glo die jaar is HALFPAD nie~!!

Dankie vir die mening oor die blog, is besig om dit gewoond te raak. (Waar is Jongste?)

Toemaar, ek som jou op as 'n deurdrukker -- plat plek ten spyt.

Anonymous said...

Vriendin, soos jou kleinkind sê… øuma is funny!

C'la

Dané said...

Ernstig?!

mariki said...

Jy laat my lekker lag, Dané -- omrede van jou woordspeling, en dit met een woord -- slim kind!

Antwoord dus: ja, en nee.

Lekker naweek vir jou.