Wednesday, June 17, 2009

Nagtelike dwalings

Blah!!

Verkyk my al van lankal af aan so baie van julle se mooie, opgedôlliede blogs. Kom toe gisteraand laat op ‘n werf af wat my kan help om ook my ou eie kraaltjie te versier.

Hmm…kry vergesigte van die uitbeelding van die seisoen se somerweelde, verweef met my persoonlikheidsuitlewing, vermeng met my emosionele verhouding met kleure…weet sommer net ek gaan ‘n treffer tevoorskyn tower. Móét mos – met so ‘n diep filosofiese begronding…

Ná drie ure se gespoeg en plak en kliek en oë se skeeltrek van moegheid, is DIT waarteen ek (en ongelukkig julle ook), nou moet vaskyk.

En ek is allesbehalwe ‘n groen en beige-bruin mens!! Agge-nee-tog.

G’n wonder nie die spreekwoord sê, die tweede dwaling is erger as die eerste.

En:

Skoenmaker hou jou by jou lees.

Dit het ek nou van uitspattig wil wees.

7 comments:

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Jou blog lyk pragtig. Te veel fieterjasies is ook nie altyd so mooi nie. Die sentrale deel is ddar waar jy skryf en dit is altyd PRAGTIG
Groete

Anonymous said...

C'la vra vir haar maaitjie: Is dit nou "Turned green from envy"?!

M'i, jou blog is regtig vir my grand; maar ek hou mos nou baie van groen.

C

mariki said...

OomP, komende van jou, is hierdie kompliment vir my goud werd -- dankie, hoor!

Maar kyk net OomP, wie het vyande nodig met 'n vriendin soos C'la!

En jy is skerp, so in die middel van die week, maat! Sal nou maar seg ek het groen gekies, ter wille van jou...hoe's daai!

Superhero Mom said...

Thank you for stopping by to read my blog, of course you may share this! What a blessing...and how I wish yours was written in Enlish! Blessings to you my friend!

Superhero Mom said...

I just had to respond...my husband said the same thing to me when Dr. Khoury said that about the Angel...Engel means angel that is how we think he knew it was me. So amazing on so many levels! Thank you again for rejoicing with me!

Anonymous said...

Ek het net so gesukkel met die blog mooimakery! Jy het seker gesien hoe spring die agtergronde rond soos vlooie op my blog!
Groete
Sonja

mariki said...

Ha-ha-- nee, die vlooie het ek nie gesien spring nie. Geniet dit so om by jou blokkie te kuier.

Maar dat dit 'n frustrasie was -- JA!