Thursday, June 11, 2009

Finale afspraak.... (ook vir ons elkeen)


Johanna Ganthaler, pensioenaris uit suid-Tirool, en haar man Kurt, het voorlaasweek die noodlottige Vlug 447 van Air France verpas. Hoe verskriklik groot moes hul dankbaarheid nie gewees het – lewens gespaar!

Nadat hulle toe met ‘n later vlug Europa toe is, huur hulle ‘n motor om vanaf Munchen in Duitsland, terug te ry huis toe. En gister/vandag sterf Johanna oppad in ‘n botsing met ‘n vragmotor.

“Spooky”, “bizarre”, “freaky” en met “holy cow!” – so word die berig die nuus- en internetwêreld ingestuur.

Maar nee, so is dit nie. Nie “spooky”, “bizarre” of “freaky” of iets met heilige of selfs onheilige koeie te doene nie.

Tragies en hartseer, ja – onthou, die dood was met die tyd van die skeppingsgebeure, nie veronderstel om die lewe te oorskadu nie! Het immers eers met Adam en Eva se ongehoorsaamheid ‘n bedreiging geword.

Onverwags en verstommend, ja en defnitief.

Die dood (verskoon die woordspeling), is áltyd verstommend – en al HET Christus reeds die dood vir ons oorwin, bly dit die laaste vyand waarteen ons hier op aarde te staan sal kom.

Maar dan: wat ons van die dood dink, is slegs van belang in soverre die dood ons aan die hiernamaalse Lewe (of nie) laat dink.

6 comments:

Desia said...

Dit is soos jy se Mariki.

Anonymous said...

Het gelees hiervan! Dit moet mens laat dink.
Groetetjies
C

mariki said...

Is so, julle.

Nimsi se Blog said...

Hallo mariki
net gou kom opvang hier by jou...
Ek kan werklik net Amen se op hierdie stukkie!

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Dit is nie spooky nie, dit wys ons net dat haar tyd en plek nie saam met die ander klomp mense se tyd en plek van afsterwe was nie. Sy moes eers 'n week later in 'n motorongeluk die lewe laat. Die Woord sê dat geen haar op jou hoof sal val as dit nie die wil van God is nie. Op Sy tyd en Sy plek.
Geniet die naweek

mariki said...

Hi Nims!!~~! Soooo bly jy is weer hier!

Presies, OomP.