Friday, June 5, 2009

Steeds Victoria

Victoria (laaste)


Die bekendste hotel op die eiland -- vir al meer as 90 jaar -- en mens kan haar nie miskyk wanneer jy daar by die binne-hawe rondloop nie: die Empress.





Lus vir 'n "Afternoon Tea?" Gaan maak dit mee by die Empress. Die tradisie word elke middag sedert 1908 reeds, voortgesit. (Toentertyd het die teerekening $1 beloop en dié vir 'n kamer met 'n hawe-uitsig, $7...)

Verskoon die uit-fokusfoto, maar ek wou darem nie té ongenooid en blatant die teegaste met my kamera-oog beloer nie -- in elk geval nie sonder toestemming nie.

En wat sal ons nou vanmiddag op die spyskaart kry?




Ouwêreldse swier


Buitekant gekom en jy is te lui (of voel ná die tee dalk te belangrik) om verder te loop, kry 'n 'riksja-boy' (wat hier besig was om sy passasiers af te neem)...


Of klim op 'n perdekar of huur 'n ou Fordjie...


Of 'scoot' pad-af!


Ons maak 'n baie vinnige verbydraai by Hatley Park (voltooi 1908) wat eens die tuiste was van ‘n mynmagnaat, maar nou dien as die kampus van die Royal Roads Universiteit.


In die herfs lyk die kasteel (universiteits-hoofgebou) so:


Ons wandel verby 'n sprokiesmooie gastehuis met die uiters gepaste naam …The Gatsby House


Het mos al genoem dat Vancouver 'n lushof van blomme in die lente en somer is! In huistuine, parke en op sypaadjies is hulle daar, sodat jy jou met absolute oorgawe kan verlustig.










Ons stap af na die ou hawegebied toe om tog net weer 'n keer regte vis'ntjips te gaan eet (soos ons Suid Afrikaners dit mos van die Ingelse geleer het: met sout en asyn -- 'n manier van doen waarvan die 'Merikaners salig onbewus skyn te wees.)


En hierdie hawe maatjie en sy vrindjie -- nie die mamma en seuntjie nie -- weet presies waar hulle kos vandaan kom...(dis wel geoorloof om hierdie bedelaars te voer.)


Alte sielig, soos die Hollanders sê.

En so eindig die genotvolle dag in Victoria...
(Brosjure-foto)

5 comments:

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Dit is regtig prentjiemooi en baie ou-wêrelds. Jammer ek sal dit nooit persoonlik kan sien nie. Ag ja!
Groete

Sandra said...

Dis verseker 'n pragtige plek vir 'n lekker teetjie

mariki said...

Toemaar Oom P, die hemel is baaaaie mooier, en dié gaan jy BESLIS meemaak.

Hmm, ja, sal ons gaan, Sandra!

Anonymous said...

Ai vriendin, jy maak my die werk los en gaan begg daar op straat net om die plek te sien.
C

mariki said...

C'tjie...wie nie werk nie sal nie eet nie....(Tensy jy dink bedel is werk?!) Toemaar jong,jy is nog baie geseënd so tussendeur.