Friday, June 12, 2009

Bere, bewerasies en bome

Ry toe weer eendag rond op die eiland (die grootste aan die Amerikaanse weskus), en so met die om-die-draai-kom, lyk dit eers soos ‘n stormwaterpyp…

….en toe nie meer nie


….ons stop (natuurlik), maar diiisss a-a-a-a-n MY kant …..

WAT gee enige iemand die idee dat ek, wel.... beerbewerasies gehad het?

Kan nie stry nie, hulle HET ons gewaarsku:

En as die eerste waarskuwing gegeld het, wat moet ons van hierdie ene te wagte wees......

Dit alles aan die westekant, die mees ongerepte kuslyn van Vancouver Eiland, waar daar in 1964 met die Groot Alaska Aardskok wel $10 miljoen se skade deur 'n tsunami aangerig is.

Gedra ons nes regte toeriste, ignoreer die waarskuwings en gaan stap heerlik in die reënwoud:



Dié soort boomstamformasies het ons nog nêrens anders teëgekom nie; dis meestal rooi seder.


Dis 'n boom wat op linkerkant sowat 3' hoog gegroei, en toe besluit het hy wil 'n regsdraai maak; twee voet se hoogte later, weer dieselfde idee gekry...


Stap ook 'n stukkie van die baie gewilde Wild Pacific wandelroete.



Dit was 'n windstil dag, maar die bome aan hierdie kuslyn het al soveel wilde storms oorleef dat hul permanent verbuig is. Die punt by die voortoring hierbo, is 'n gewilde plek om in die winter "stormwatching" te kom doen, wanneer golwe van tot 6 meter hoog met geweld teen die rotse vasslaan.



7 comments:

Nimsi se Blog said...

Prag fotos mariki, ek dink ek sou meer as net beerbewerasies gehad het...
Dankie vir die deel hiervan!

Anonymous said...

Hi girl, ek wil NIE as iemand geken word wie se vriendin deur 'n beer opgevreet is nie.
C'la

mariki said...

Hie-hie...sal oppas, maat.

mariki said...

Ek kuier lekker saam julle, Nims.

Dané said...

Ek het vanaand vir die eerste keer eintlik onbepland op jou blok afgekom. Dankie, sal beslis weer kom loer.

Jan and Miekie said...

Hi Mariki
Jy moet dink ek het verdwyn... het nie, was net baie besig. Het nou lekker opgevang op jou blog. Jy het die interessantste inskrywings en allerpragtigste fotos. Baie dankie hiervoor. Eendag se eendag gaan ek ook nog na daardie eiland waar julle was. Ongelooflik mooi - die hotelle en tuine en dan nog Jesus se eie ongerepte tuine. Ek sal onthou om op te pas vir die BERE!

mariki said...

Haloooo Miekie --SOOO bly jy is ook weer hier! Het jou gemis en was rêrig bekommerd jy is siek of iets slegs is aan die gang!

Vancouver Eiland IS pragtig -- gaan beslis, maar EEN voorwaarde: julle kom hier by ons langs...

Allerwelkoms, Dané. Mooie naam, dié van jou.