Saturday, June 20, 2009

Ek verstaan, Mamma

‘n Mamma gesels nou die dag met haar seuntjie, seker so 7–8 jaar oud, en probeer hom leer oor die lelikheid van “trots”. Hoedat ons nie moet dink ons verdien beter nie, of dat ander mense sommer net slegter is as ons nie.

Nadat sy so ‘n bietjie “gehum-en-gehaa” het oor die betekenis van trots, vra sy of hy nou verstaan wat trots is.

“O ja,” antwoord hy met sekerheid, “dis dieselfde as êrrie tjêrrie TJORTS!”

7 comments:

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Wys jou net.... Praat met kleingoed oor dinge waarna hulle vra en nie dinge wat bokant hulle vuurmaakplek is nie!

Dané said...

Kinders en hulle dinge -- ek geniet my nefies en niggies net so baie.

mariki said...

Jips, was nie die regte oomblik nie, OomP!

Dané, dis heerlik om die kinderdinge te kan geniet.

Nimsi se Blog said...

Wat n prag stukkie mariki...
Ek stem Oom Petrus!

mariki said...

Ai, Nims, waar is ons dae...

Anonymous said...

Ek het nou al 3 keer hier n boodskappie probeer los maar vir een of ander rede het dit lyk vir my aanvanklik nie gewerk nie. Hier gaan ek maar weer:
Ek dink dit is te dierbaar! Dit laat my dink aan die dogtertjie wat in die kerk gesit het en gebid het: Liewe Jesus, as jy vandag in die kerk inkom kyk asseblief af na my skoene- dis nuwes.
Groete
Sonja

mariki said...

Ag my moeder tog vir daai dogtertjie! Ja, dat ons maar sal glo soos kindertjies.