Monday, June 22, 2009

Sinsverukking

Steeds aan't kuier op die pragtige eiland! Nie veel te vertelle vandag nie, maar kyk sal ons kyk, want pragtig was immers nog nooit lelik nie.

Benvenuto, Italiaans vir "welkom", was die eertydse naam van die Butchart Gardens, ‘n Kanadese Nasionale Gedenkwaardigheid.

En van oraloor af kom die besoekers -- só vertel die vlae.

Butchart Gardens is ‘n be-le-we-nis. Was nie altyd so nie. Hier het Pim Butchart met die draai van die eeu, homself skatryk gewerk met sementmaak, met 'n vrou wat wil tuinmaak.....



Elke jaar word meer as ‘n miljoen beddingplante van 700 varieëteite geplant wat sorg vir ‘n kleurparadys van Maart tot Oktober. Dwarsdeur die jaar word musiekkonserte aangebied, en elke Saterdagaand ‘n manjefieke vuurwerkvertoning!


En hier het dit alles begin. Want toe die steengroef uitgewerk raak, besluit Jennie om dit te omskep in ‘n versinkte tuin. En dit gedoen ook – deur tonne bo-grond te laat aanry met wa en perde en te begin plant.....

.....en plant.....



O, om darem deur soveel prag omring te wees.....



Die baaitjie waar die gesin se boot altyd voor anker gelê het.


Wêreldreisigers Pim en Jennie lê in 1908 ‘n Japanese tuin aan.


Nog later volg die formele Italiaanse gedeelte.




Die mooiste asblik ooit!

Die landgoed word nog steeds deur die Butchart-familie besit.


Die tuine beslaan altesaam 22 hektaar se blomme-weelde!


Om dit alles te kon sien en indrink, was eenvoudig betowerend. Nog 'n fantastiese geskenk uit die hand van die Skepper van alle skoonheid!

8 comments:

Anonymous said...

M, dit is unbelievably fantasties! Ek WIL dit ook gaan sien! Jis, dankie vir die kiekies,jongie.

C'la

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Dit is fantasties!!!!!
Groete

Nimsi se Blog said...

O mariki maar dit is asemrowend mooi!Dankie vir die deel, ja ons dien n lewende God ne!

Sonja said...

Dit is darem die mooiste mooi!

mariki said...

OomP, Nims en Sonja -- as dit só mooi hier op die stukkende ou aarde kan wees, dink net hoe gaan ons in die hemel ons verkyk!!

Dané said...

O Mariki, dit is FANTASTIES! Dankie.

mariki said...

Dit IS, Dané -- dit was die hoogtepunt van ons eilandtoer. Soos jy sê: fantasties, en onbeskryflik.

Mariette. said...

Dit is regtig pragtig! Mens kan eintlik dit nie in 'n woord beskryf nie.
Daardie tulpe....

pragtig man ....

groetetjies