Tuesday, July 28, 2009

Hierts, maar dit gaan GOED met my!


En met jou?

As ons die totale wêreldbevolking kon gelykstel aan 100 mense wat saam in een klein gemeenskappie woon, dan sou:

• Ses van die 100 mense 60% van alle rykdom besit.
• Jy, as jy ’n paar muntstukke in jou sak het, slegs een
uit agt van die 100 wees wat enigsins geld het.
• Een uit die 100 ’n rekenaar hê.
• 50 uit die 100 honger ly en ondervoed wees.
• Jy, as jy in die oggend wakker word met goeie gesondheid, nie onder die 1 miljoen mense wees wat gedurende hierdie week die laaste asem uitgeblaas het.

Geniet jou dag!
(En o ja, ons weet vir Wie om dankie te sê, né.)

5 comments:

Nimsi se Blog said...

Inderdaad gaan dit GOED met my. - Dankie Mariki!

mariki said...

Ja, Nims, ja!

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Hierdie verwerkte statistieke laat 'n mens dink.Dank die Here dat dit goedgaan met my en my gesin.
Groete

Blog-Marietjie said...

Aitsa Mariki, jy laat my wer eens my eie seëninge tel - hulle is sowaar baie meer as die ellendes - veral as mens hier in Afrika om jou kyk!

mariki said...

Ruk dit mens nie weer so bietjie reg nie!! Ons "weet", maar terseldertyd "weet" ons ok nie.

Dankie vir die kuiertjie, B-M, en OomP.