Thursday, October 1, 2009

"Waansinnig mooi" -- wel, amper! (1)

(Baie dankie aan julle almal vir die mooi vakansiewense! Sal julle óóit weet hoe baie ek my blogvriende waardeer?!)


Lees so ‘n paar weke gelede op ‘n Nederlandse werf waar mens ‘n vakansiereis (ongelukkig net vir inheemses daar) kan wen:

“Geef uw recensie van uw afgelopen vakantie. Was het waanzinnig mooi? Of was het wel: ‘net eens -- maar nooit weer?’”

Nou wel, “waansinnig mooi” is nie ‘n eg Afrikaans segswyse nie. Maar beslis is dit byna soos ons die toggie van 3 200 km beleef het, en defnitief nie as “eenmaal, maar nooit weer nie.” Gewis nie. Om die waarheid te sê, ek sal volgende jaar die hele reis weer net so oordoen.

Elkers met vakansie hier, verstom ons ons oor hoe GROOT hierdie land is! En hoe lank ‘n myl is! En hoedat God ook hierdie land met manjefieke natuurskoon geseën het!



Ons is vanaf Denver, Grand Tetons toe. Daarna deur Geelklippark, oftewel Yellowstone Nasionale Park, en toe Glacier Nasionale Park met ‘n draaitjie in Kanada en toe is ons nog nie lus vir huis en haard nie en die dae is so deurdrenk met helder sonskyn en die fantastiese oop, blou lug bo ons, dat ons rustig, reg wes aangesuiker het na die Black Hills in South Dakota.


Grand Teton National Park is in noordwes-Wyoming, net suid van Yellowstone. Die park is vernoem na die Grand Teton-piek, (4 197 m), die hoogste piek in die Tetongebergtes.


(Hierdie twee is brosjure-foto's)

Kan mens jou indink dat dit oor 'n maand of twee, hier só gaan lyk!



'
n Graseilandjie by 'n spuitbron in Yellowstone -- die fantastiese kleurkombinasie het te doene met die bakterieë en minerale in die water.


Van hierdie ou grotes ook gesien -- en sommer van naby!


Wat kan ek sê? Die Here het ons nogmaals só bederf met hierdie rit deur die ooptes en ruimtes en gebergtes en geboomtes, en ons boonop veilig tuisgebring.

En dan hoor mens die afgelope paar dae van die tsunami in die Fillippyne -- 430 000 dakloos...die aardbewing in Indonesië – eenduisend dooies....

Hoe klein en nederig hou dit mens omrede van soveel genade wat jy tog nog in ‘n stukkende en lydende wêreld mag ervaar.

8 comments:

Desia said...

Welkom tuis! Geen honde of katte om oor te bekommer nie?

Thea said...

Bly om te hoor julle reis was voorspoedig. Die lug daar lyk so besonder helder. Altyd vir my lekker om meer van ander lande te sien en te hoor. Sien uit na die res van jou inskrywings oor julle reis van 3 200 km!

Jan and Miekie said...

Ag Mariki! Hoe verlang ek terug. Julle het darem deur'n baie besonderse landskap getoer - 'n mens kan nie genoeg kry daarvan nie. Dit is rerig "waansinnig mooi". (Welkom terug! Bly julle is veilig!)

mariki said...

Dankie, Desia. Nee, g'n niks gediertetjies om bekommerd oor te wees nie!

Dankie ook, Thea. Ja, die Montanans praat met groot gehegdheid van hulle "Big Sky Country."

Sal glo van die verlang, Mieks!.."'n mens kan nie genoeg daarvan kry nie"...STEM! En dankie vir die welkomswoorde. (Moet nog daar by jou kraaltjie gaan inhaal.)

SA Expats said...

Dit is baie mooi foto's

Sonja said...

Ek is so bly jy is terug! Ek het jou so gemis!! Die foto's is pragtig! Ek is bly julle vakansie was lekker en dat julle veilig tuis is!

Huisvrou said...

Jinne Mariki, dis pragtig wel "waansinnig mooi"... :)
Voel soos Thea, ons wag vir die res van die reisverhaal.

mariki said...

Dankie, Expats.

Seimste, Son'tjie, seimste!

Dankie, Hv, sal my bes doen om te vertel.